Skrywers en Boeke – Strand Leesfees 6 Desember 2025
Abstract: Writers and Books South Africa, Strand Literary Festival 6 December 2025, Strand Fees 6 Desember 2025.

MEDIAVERKLARING: STRAND LEESFEES
DATUM: 6 Desember 2025
LOKALITEIT: SUNSET BOEKWINKEL, STRAND
TOEGANG: GRATIS
“Kultuur vir almal” is die tema van die tweede STRAND LEESFEES, wat op 6 Desember 2024 in Strand aangebied word.
Tydens die STRAND LEESFEES, wat op Saterdag van 6 Desember plaasvind, kry boekliefhebbers en kultuurdiere die gratis geleentheid om na boekbekendstellings deur skrywers te luister, en interaktief met skrywers en digters te kommunikeer. Skrywers en digters het tefeltjies waar feesgangers met hulle kan gesels, en uitvra na hul boeke, digbundels, verhoogstukke en dramas, en komende boeke. Die lokaliteit van die Leesfees is Sunset Boekwinkel, 73 Strandweg.
“Die STRAND FEES is ‘n Kersmark, omdat boeke die beste kersgeskenke vir kinders en kleinkinders maak,” sê die Koördinator Henning van Aswegen. “Boeke met ‘n spesiale boodskap van die skrywer voorin is blywend van aard – iets wat die ontvangers van die geskenke vir altyd saam met hulle kan dra.”
Twee teaterstukke, ‘Donkie is ‘n Wonderlike Ding’ vir kinders en ‘Letterkunde in die kombuis’ word hierdie jaar vir die eerste keer by die fees aangebied.
Toegang tot die STRAND LEESFEES op 6 Desember is gratis; koffie, eetgoed en verversings word aangebied, en daar is volop gratis parkering vir feesgangers tussen Van der Merwe en Michaustrate in die Strand.
- Die Leesfeeskoördinator Henning van Aswegen @ 082-344-5641, kan vir meer inligting gekontak word.


Strand Leesfees Vloerprogram 6 Desember 2025
08h55 – 09h00 Udine Joubert Opening
09h00 – 09h15 Tanya O’Connor Skrywer Henning v A
09h15 – 09h30 Henning van Aswegen Skrywer Tanya O C
09h30 – 09h35 Daniel Lötter Voorlesing
09h35 – 09h50 Daniel Lötter Skrywer HvA
09h55 – 10h05 Gameeda Henry Voorlesing
10h10 – 10h25 Cathy Donald Skrywer TOC
10h30 – 10h40 Etienne Fourie Sanger
10h45 – 11h00 Stefanus S. Vivier Skrywer HvA
11h00 – 11h15 Anita Hamman Skrywer TOC
11h15 – 11h20 Marieta McGrath Voorlesing
11h25 – 11h40 Therése Bartman Digter TOC
11h45 – 11h50 Marietha McGrath Voorlesing
11h50 – 12h05 Sandra Skinner Skrywer TOC
12h05 – 12h15 Christopher Tanser Writer HvA
12h15 – 12h30 Elize Rowan Skrywer TOC
12h35 – 12h45 Steven Bressler Skrywer HvA
12h45 – 13h00 Piet du Toit Skrywer HvA
13h00 – 13h15 Marthè McCloud Digter TOC
13h15 – 13h25 Riku & Jacky Lätti Sangers
13h25 – 13h40 Thabo Leholo Skrywer TOC
13h40 – 13h55 Melanie Grobler Digter TOC
13h55 – 14h10 Anita Stander Kwarts Uitgewer HvA
14h15 – 14h45 Donkie is ‘n Wonderlike Ding Kinderkonsert
15h00 Letterkunde in die Kombuis Teater
*
6 Desember 2025 – STRAND