• Nongqai Home Page
  • NEW / NUUT
  • ARCHIVE/ARGIEF
    • ARCHIVE/ARGIEF
    • Search Page
    • Standard edition archive
    • Special Editions Archive
    • Ladies Edition archive
    • Related Publications
    • Photo Archive
    • Film and Video Archive
    • Document Archive
  • YOUTUBE
  • ABOUT/OMTRENT
  • PRIVACY/PRIVAATHEID
  • Contact / Kontak
Nongqai BLOG
  • Nongqai Home Page
  • NEW / NUUT
  • ARCHIVE/ARGIEF
    • ARCHIVE/ARGIEF
    • Search Page
    • Standard edition archive
    • Special Editions Archive
    • Ladies Edition archive
    • Related Publications
    • Photo Archive
    • Film and Video Archive
    • Document Archive
  • YOUTUBE
  • ABOUT/OMTRENT
  • PRIVACY/PRIVAATHEID
  • Contact / Kontak
Select Page

Niël Barnard was ‘n baanbreker en onderhandelaar, maar eerstens ‘n gesinsman en intelligensieman

by Henning van Aswegen | Jan 18, 2025 | South African Intelligence History, BfSS NIS, Historical photos, Life Story, Public Safety, RI/BfSS/NI/NIS/BSV, Sekretariaat van die Staatsveiligheidsraad (SSVR - SSSC), Staatsveiligheidsraad | 0 comments

Johan Mostert & Jan-Jan Joubert

Een van die grondleggers van die Suid-Afrikaanse demokrasie en moderne intelligensiedienste, Niël Barnard, is Maandagoggend in die ouderdom van 75 jaar oorlede. Jan-Jan Joubert en Johan Mostert neem bestek op van sy bydrae tot ‘n onderhandelde skikking in 1994 in Suid-Afrika. Foto: Niël Barnard was een van die eerste Westerse intelligensiehoofde wat na die val van die Berlynse Muur in 1989, direkte en uiters geheime skakelverhoudinge met die Komitét Gosudarstvennoy Bezopasnosti (KGB), aangeknoop het.

Dr. Lukas Daniël Barnard was ’n onwaarskynlike held, want hy het graag ’n beeld van stugge konserwatisme en behoudendheid voorgehou. Dit was egter juis hierdie onbuigsaam-eerlike gedrongenheid deur logika en feite wat hom daartoe gebring het om as voorste hervormer die onderhandelings vir ’n vreedsame oorgang na grondwetlike demokrasie te laat begin.
Niël Barnard is op 14 Junie 1949 in Otjiwarongo in die hedendaagse Namibië gebore. Hy het as student aan die Vrystaatse Universiteit in Bloemfontein akademies uitgeblink en het professor geword in Politieke Wetenskap (destyds Staatsleer genoem).
Dis vandaar dat hy gevra is om op die jeugdige ouderdom van 31 jaar Direkteur-Generaal van die Nasionale Intelligensie te word.
By bestekopname van Barnard se bydrae tot en deur die intellignsieraamwerke was daar veral twee aspekte wat opval:
•     Sy bydrae in die totstandbrenging van ‘n demokratiese Suid-Afrika en in die verband dien Mandela se inskripsie in die kopie van Long Walk to Freedom wat hy aan Barnard gegee het as ‘n bewysstuk: “Best wishes to one of those patriotic South Africans who strived tirelessly & without publicity to help lay the foundations of the new South Africa”.
•     Sy insig en onvermoeide ywer om die Nasionale Intelligensiediens (NI) uit te bou tot ‘n ware nasionale intelligensiediens wat ‘n saakmakende rol gespeel het in kritieke besluitneming op nasionale vlak en internasionaal respek afgedwing het.
Volgens sy eie interpretasie was Barnard sterk konserwatief toe hy by NI aangekom het. Sy siening van die bedreiging wat Suid-Afrika in die gesig gestaar het, het grootliks gestrook met die algemeen gangbare opvatting in owerheidsgeledere. Hy was egter ‘n goeie luisteraar met ‘n oop gemoed.
In NI het hy kennis geneem van ‘n alternatiewe siening wat op daardie stadium nie openlik na buite uitgespreek is nie. Volgens hierdie siening was die kernoorsaak van die aanslag teen Suid-Afrika nie in die eerste plek die werk van kommuniste en kwaadwillige agitators nie, maar was die werklike oorsaak geleë in die beleid van apartheid. Die harde realiteit wat deur NI geskilder is, het hom oortuig dat dit ‘n geldige gevolgtrekking op grond van die feite was.
Dit was egter nie ‘n gewilde vertolking nie. Om hierdie boodskap tuis te bring, moes met groot omsigtigheid te werk gegaan word. NI kon as verraaier gebrandmerk word omdat dit vertolk kon word as kritiek op en selfs dislojaliteit teenoor die regering.
Barnard het egter in die stilligheid voortgegaan om die boodskap oor te dra dat politieke verandering onvermydelik is en dat die ANC reeds as so ‘n groot magsfaktor ontwikkel het, dat dit nie in ‘n toekomstige bedeling geïgnoreer kan word nie. Hy het hierdie boodskap onomwonde, maar diplomaties aan die aanvanklike Eerste Minister en latere President PW Botha persoonlik oorgedra.
Teen daardie stadium was Botha so tevrede met die kwaliteit van NI se intelligensie, dat hy geluister het en NI toegelaat het om kontak te maak met die ANC om meer van die organisasie se standpunte te wete te kom. Barnard was toe reeds vir ‘n geruime tyd in gesprek met Mandela in die gevangenis en een van sy uitdagings was om die delikate balans tussen Mandela en die uitgeweke ANC te handhaaf.
Hy moes aan die een kant poog om ‘n verstandhouding met Mandela te bewerkstellig en aan die ander kant sorg dra dat die uitgeweke ANC Mandela nie as uitverkoper beskou nie. Barnard het twee baie belangrike boeke van hoogstaande gehalte oor hierdie fase van die Suid-Afrikaanse geskiedenis geskryf.
Uitbouing van NI
Barnard het baie bygedra tot die ontwikkeling van NI tot een van die top intelligensiedienste in die wêreld. Hy het NI, soos sommige dit gestel het, op sy kop omgekeer.
Van al die bydraes wat hy gelewer het, is daar een wat uitstaan uitstaan en bepalend was vir NI se sukses: sy bevordering van ‘n etos van uitnemendheid, meriete, harde werk, opoffering en integriteit. Hy het dit nie net verkondig nie, maar ook self die voorbeeld gestel en daarmee die organisasie met hom saamgeneem.
Toe Barnard in 1980 as Direkteur-Generaal diens by NI aanvaar, was die organisasie steeds in ‘n verouderde paradigma vasgevang. Die insameling van inligting (spioenasie) en teenspioenasie het voorrang geniet. Die derde been van intelligensie, naamlik vertolking, was die weeskind.
Dit is een van Barnard se groot verdienstes dat hy vertolking tot sy reg laat kom het. Daardeur is insigte ontwikkel wat hom in staat gestel het om die ware feite van die bedreiging tot op die hoogste vlak onder aandag te bring. Een van die insigte wat deur die navorsers (vertolkers) ontwikkel is, was die volgende:
Om die dringendheid van die veiligheidsituasie te illustreer, het die navorsers ‘n prent van ‘n driebeenpot waaronder ‘n vuurtjie brand met pap wat begin oorkook, aan die Staatsveiligheidsraad vertoon. Die boodskap was, dit gaan nie help om langer pogings aan te wend om met geweld die pot se deksel te probeer vasdruk om te voorkom dat dit oorkook nie. Die vuur is besig om groter te word en daar is nie voldoende vermoë om die deksel styf toe te bly hou sodat die pot nie oorkook nie. Die enigste oplossing is om die vuur te verwyder.
Dit was NI se bydrae om aan die regering te sê, dit gaan nie help om die manifestasie van die aanslag aan te spreek nie, die grondoorsaak moet verwyder word. Van die ministers wat teenwoordig was, het hierdie beeld daarna gereeld opgehaal. Onder Barnard se leiding is die navorsingskomponent uitgebou tot een van die voorste sosiaal-wetenskaplike instellings in die land.
Om die bestuur van die organisasie meer doeltreffend te maak, het Barnard drastiese veranderinge aan die bestuurstyl van die organisasie aangebring. Daarmee het hy verseker dat hy elke dag op hoogte bly van wat in die organisasie gebeur. Wat die bestuurslede in die besonder waardeer het, was sy vermoë om sterk leiding te gee en sy bereidwilligheid om besluite te neem. In die bestuursvergaderings het navorsers groter as ooit tevore tot hulle reg gekom, wat ook die insamelaars gebaat het.
Hy het ook ‘n aktiewe belangstelling in opleiding in die algemeen gehad en opdrag gegee dat die opleidingsafdeling en die biblioteek drasties uitgebou word. Op sy aandrang is daar ‘n uiters moderne opleidingsfasiliteit buite Pretoria opgerig.
Hoewel hy nie onnodig ingemeng het in die werksaamhede van die hoofdirektorate nie, het hy nogtans sterk oorhoofse leiding en motivering gegee. Hy was aktief in sommige van die inisiatiewe van die insamelaars en het saam met hulle goeie verhoudinge met talle lande opgebou. Ook wat tegniese insameling betref, het hy ‘n sterk ondersteunende rol gespeel.
Nadat die demokratiese bedeling sy beslag gekry het, is Barnard in 1994 aangestel as eerste Direkteur-

Generaal van die Wes-Kaap. Hier het hy die streng fokus op korrekte navolging van regulasies en die klem op skoon regering gevestig wat vandag nog die provinsie kenmerk en onderskei – ’n bydrae tot uitnemendheid wat voortleef en waarvoor hy meer erkenning verdien.
Niël Barnard was vertroueling van staatsmanne en spioene, maar hy was eerstens gesinsman – eggenoot vir sy vrou Engela, pa vir hul drie seuns waarvan hy een voortydig moes begrawe, en oupa vir sy vyf kleinkinders. Hy was hartstogtelik lief vir Afrikaans, waarin hy ’n woordkunstenaar was. En as hy jou verby gelaat het by daardie stugge beeld waaragter hy sy ware lewe gelei het, was hy ’n vriend duisend, ’n braaier en wynkenner vir die boeke, ’n sprankelende verteller, emosioneel toegewy aan sy familie, geneig om sy eie foute in te sien en daaroor te lag, ’n raadsman en min kere gelukkiger as wanneer hy voluit kon lostrek teen diegene in die media wat hy as woke beskou het.
Suid-Afrika verloor een van sy groot seuns wat, soos ’n ander wat in Bloemfontein vorming ondervind het, deur die digter gehuldig kan word:
“Maak hom ’n graf op die grond wat sy liefde gewy en geseën het;
dis skoon vir ’n held om te rus aan die voete van wie hy beween het.” *

Submit a Comment Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Recent Posts

  • HOW PRETORIA AND MOSCOW SECRETLY COOPERATED TO BUILD MIG-29 ENGINES INTO SAAF MIRAGES
  • Second Anglo Boer War (1899 – 1902): Town Guards/Forts of Uniondale & Boer Invasion
  • Second Anglo Boer War: Jansenville Fort
  • ONS BRING HULDE AAN DIE POLISIE SE LAASTE KOMMISSARIS. EN DIE VROU AGTER HOM ANS VAN DER MERWE.
  • Nongqai Skrywers & Boeke – Die Twee Jaar Oue Kaas

Categories

  • 1960 Cato Manor – Murder of 9 SAP-members
  • AI – Kunsmatige Intelligensie
  • Archives Posts
  • BfSS NIS
  • BOOKS / BOEKE
  • Brokkies
  • BSV/DIE BURO/BfSS
  • CAPE COLONY
  • Capital punishment
  • CULTURE – PRESERVING
  • Defence
  • Detective Mysteries
  • Deutsch Sûdwest Afrika (DSWA)
  • DRONES – Hommeltuie
  • ESPIONAGE IN SOUTH AFRICA
  • Fire Brigade / Brandweer
  • Foreign Armies / Buitelandse Weermagte
  • Foreign intelligence services
  • Foreign Police Forces
  • Historical photos
  • HUMOUR IN UNIFORM
  • Interessante Stokperdjies
  • INTERNATIONAL TERROR
  • Isandhlwana
  • Life Story
  • Local South African Police Forces
  • Military History
  • Natal Mounted Police 1874
  • National Security – Nasionale Veiligheid
  • Nature Conservation
  • Nongqai Afrikaanse Woordeboek Veiligheidstudies
  • NONGQAI BOEKE
  • Nongqai Books
  • NUCLEAR WEAPONS AND TECHNOLOGY
  • POLICE MEMORIALS IN SOUTH AFRICA
  • Police Psychology
  • Public Safety
  • Race Based Laws
  • Rhodesian Conflict
  • SA Defence Force / Weermag
  • SA Railways Police / Spoorwegpolisie
  • SAP – Durban
  • SAP Commissioners
  • SAP Field Court Martial (1914)
  • SAP History / Geskiedenis
  • SARS
  • Sekretariaat van die Staatsveiligheidsraad (SSVR – SSSC)
  • SKRYWERS & BOEKE
  • SOUTH AFRICAN FORCES HISTORY PRESERVED
  • South African Intelligence History
  • SOUTH AFRICAN LAWS
  • SOUTH AFRICAN POLICE SERVICE
  • SOUTH AFRICAN POLOICE SERVICE
  • SOUTH AFRICAN TRAFFIC DEPARTMENTS
  • South-West Africa Police Forces
  • Staatsveiligheidsraad
  • STRATEGIC STUDIES
  • Suid-Afrikaanse geskiedenis
  • Tak Strategiese-kommunikasie (TSK)
  • The Daisy Spy Ring
  • TIN Teeninsurgensie / COIN
  • Uloliwe
  • Uncategorized
  • WOMEN IN UNIFORM

1899 - 1902 Anglo Boer War Angola Bloemfontein Border War Botha Chris Brig Fanie Bouwer (SAP - Ret) Brig HB Heymans Capt Charles Ross Col Logan Govender Deon van NIekerk Dr WP Steenkamp Field Marshall JC Smuts Gen JC Smuts Genl-maj Chris Botha HB Heymans (Brig) historical photos Israel J & J Wepener Jennifer Bosch johan van der merwe Koevoet Natal Mounted Police national intelligence service Nelson Mandela nis Port Edward Holiday Resort NPC (PEHR) Prince Imperial Public Safety Rhodesia SAAF SADF SAP SAP-SB SAP history SA Police Security Branch Selous Scouts south africa south african forces south african forces history South African Police USSR Vlakplaas Wentworth Wolfgang Witschas

Archives

  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025
  • May 2024
  • April 2024
  • March 2024
  • February 2024
  • January 2024
  • December 2023
  • November 2023
  • October 2023

Categories

  • • 1st Battalion
  • • M.O.T.H. Bomb Alley Shellhole
  • • M.O.T.H. Cape Western Provincial Dugout
  • 1838 The Battle of Blood River
  • 1879 Zulu Wars
  • 1899 – 1902 Anglo Boer War
  • 1904 – 1907 Marego (Kalahari)
  • 1906 Bambatha Rebellion (Natal)
  • 1912 Church of the Vow
  • 1914 – 1918 – Battle of Kh Jibeit
  • 1914 – 1918 The Battle of Square Hill – Palestine)
  • 1914 – 1918 WW1
  • 1914 Rebellion
  • 1917 Ovamboland Campaign
  • 1938 – SAP in Palestine
  • 1939 – 1945 2nd WW
  • 1950 – 1953 War in Korea
  • 1950 Funeral Gen JC Smuts
  • 1953 – Coronation of QE2 – SAP Contingent
  • 1960 Cato Manor – Murder of 9 SAP-members
  • 1960 Murder of SAP members in Cato Manor
  • 1961 – 1994: DMI/AMI
  • 1962 South African Police College: "Its the toughest training in the world"
  • 1966 Beginning of the Bush War
  • 1966 Bush War / Coin
  • 1966 Ongulambashe
  • 1972 SA Police
  • 1976 Onwards – Riots
  • 1976 Soweto Riots / Soeto-onluste
  • 1988 Forensic Science Laboratory: Silverton
  • 1988: Forensiese Wetenskaplike Laboratorium (FWL) Silverton
  • 1992 – SAP Graaff-Reinet Bestuursontwikkeling
  • 1992 First Black Brigadier
  • 2 Squadron SAAF – Korea
  • 2nd South African Division
  • ABS – ISU
  • Abwehr
  • Academicians
  • Afrikaans Literature in Uniform
  • AI – Kunsmatige Intelligensie
  • Alleged Corruption
  • Angola
  • Animals & Mascots
  • Animals in War Memorial Wall
  • Anniversary – Dellville Wood
  • Anti-Gang Unit (AGU)
  • Apartheid: Crime against Humanity
  • Archives Posts
  • Badges
  • Basutoland Mounted Police (Colonial)
  • BfSS NIS
  • Black on Black Violence
  • BND Bundesnachrichtendienst
  • Bondelswarts
  • BOOKS / BOEKE
  • Bosluise
  • British Army in Colonial South Africa
  • British South Africa Police (BSAP)
  • Brokkies
  • BSV/DIE BURO/BfSS
  • Burger Wacht (1652 onwards)
  • Bush War
  • CAPE COLONY
  • Cape Colony Police
  • Cape Corps
  • Cape Mounted Police
  • Cape Mounted Police Memorial
  • Cape Mounted Police Signallers
  • Cape Mounted Rifles
  • Cape Town Police (1882)
  • Capital punishment
  • Central Intelligence Agency (CIA)
  • Col JG Dartnell
  • Cold War
  • Contemporary Police History / Eietydse Polisiegeskiedenis
  • Coronation QE2 1953 – SA Police
  • Coup d'État
  • Coup d’Etat
  • Covert Action
  • Crime at Eskom
  • Crime in South Africa (post 1994)
  • CULTURE – PRESERVING
  • Curt von Francois
  • Defence
  • Departement van Buitelandse Sake
  • Destruction and damage to Railway Property
  • Detection of Crime
  • Detective Mysteries
  • Detectives / Speurders
  • Deutsch Sûdwest Afrika (DSWA)
  • Dinuzulu_KaCetshwayo
  • DMI / AMI
  • DRONES – Hommeltuie
  • Drones / Hommeltuie
  • Drug & Terror
  • Durban Borough Police * Durban Gemeentelike Politie
  • Durban City Police
  • Dutch Police
  • Electrical Power Supply
  • ENGELS IN DIE MAG (ENGLISH AS SHE IS SPOKEN IN THE FORCE)
  • ESPIONAGE IN SOUTH AFRICA
  • Establishment – Getalsterkte
  • Establishment & Generals in SAPS
  • Eulogy – Huldeblyk
  • Farm Murders
  • Farm Murders in South Africa
  • Federal Bureau of Investigation – FBI
  • Fire Arm Control Act – Private Citizens
  • Fire Brigade / Brandweer
  • Flying Squad – Blitspatrollie (Skerpioene)
  • Food Security – Voedsel Sekerheid
  • Foreign Armies / Buitelandse Weermagte
  • Foreign intelligence services
  • Foreign Police Forces
  • Foreign Volunteers
  • Functions of the SA Police
  • Gang violence on the Cape Flats
  • Gang Violence on the Cape Flats
  • Gedenkmuur – Voortrekkermonument
  • Gen Louis Botha
  • Gen Louis Botha
  • General JC Smuts
  • German Army
  • German Navy (U-Boats)
  • German Southwest Africa
  • GERMAN-HERERO/NAMA UPRISING: 1904 TO 1907
  • Germany
  • Herero
  • Historical photos
  • History of the Natal (Mounted) Police
  • HUMOUR IN UNIFORM
  • Inligting- en/of Veiligheidsperspektief
  • Inspections
  • Intelligence Science
  • Interessante Stokperdjies
  • INTERNATIONAL TERROR
  • Irish Volunteer Monument
  • Isandhlwana
  • Isandhlwana
  • Italian Navy
  • Jnasenville Fort
  • Kaiserliche Beritten Landes Politzei
  • Kaiserliche Schutztruppe für Deutsch-Südwestafrika (DSWA)
  • Kamele
  • Kenya Police Airwing
  • Kenya Police Maritime Branch
  • KGB (Former Russian Intelligence Agency)
  • Kill the Boer
  • Klaas-bende (Klaas Gang) – Bethlehem
  • Koevoet
  • Koninklijke Marechaussee (KMar)
  • Legendary Criminals
  • Lesotho Mounted Police
  • Life Story
  • Local South African Police Forces
  • Loss of Fire Arms
  • Louis Napoleon
  • M.O.T.H. Blaauwberg Cuca Shellhole
  • Magalle (Voet-polisie)
  • Meeting Minister Mufamadi
  • Military History
  • Military Mascots
  • Military Personalities
  • Military writers & authors
  • Minister of Defence
  • Ministers of Justice / Police / Law & Order
  • Moral Injury
  • Mossad
  • Mounted Div – Berede Afd.
  • Murder Statistics
  • Nama
  • Natal Colonial Troops
  • Natal Mounted Police
  • Natal Mounted Police 1874
  • Natal Police (Colony)
  • Natal Police Memorials
  • National Assembly: National Council Of Provinces
  • National Intelligence
  • National Security – Nasionale Veiligheid
  • Nature Conservation
  • New Weapons of War
  • New York Police Department – NYPD
  • Non-White SAP Officers
  • Nongqai Afrikaanse Woordeboek Veiligheidstudies
  • Nongqai Afrikaanse Woordeboek Veiligheidstudies
  • NONGQAI BOEKE
  • Nongqai Books
  • Nongqai Books & Writers
  • NONGQAI EDITIONS pdf
  • NONGQAI LADIES EDITIONS pdf
  • Nongqai Magazine 1907 – 2007
  • Nongqai Magazine 2010 – 2025 (e-publication)
  • NONGQAI MONTHLY EDITIONS pdf
  • NONGQAI Publications
  • NONGQAI SPECIAL EDITIONS pdf
  • NongqaiDames
  • NUCLEAR WEAPONS AND TECHNOLOGY
  • Number of Generals
  • OFS
  • Ongulambashe
  • Operation "K"
  • OVSRDM
  • Palestine Police service
  • Pangolin
  • Parole
  • Patches
  • PATU
  • Paul Els (military author)
  • People's Republic of China
  • Pietermaritzburg
  • Police ?Polisie in GSWA/DSWA
  • Police Academics
  • Police Camels / Polisie kamele
  • Police Diplomacy
  • Police Humour
  • POLICE MEMORIALS IN SOUTH AFRICA
  • Police Miniters
  • Police Psychology
  • Police wives & families – bush war
  • Political Murders in KZN
  • Port Edward Holiday Resort NPC (PEHR
  • POW's / Krygsgevangenes
  • Pres PW Botha
  • Pretoria Central (Up to 1972)
  • Pretoria Moscow cooperation
  • Prince Imperial
  • Provincial Commissioners
  • Public Safety
  • Race Based Laws
  • Racial Identity
  • Railway Transport in South Africa
  • Regiment Westelike Provincie (RWP)
  • Regiment Windhoek
  • Republic Day (31-May – 1961)
  • Republican Intelligence (RI)
  • Resensies: Nuwe Boeke
  • Revolutionary Warfare
  • Rhodesian Army
  • Rhodesian Conflict
  • RI/BfSS/NI/NIS/BSV
  • Right to Self Defence: Members of Public
  • River Boats – Zambezi River
  • Roll of Honour – Ererol
  • Rorke's Drift
  • Royal Air Force
  • Royal Navy
  • SA Air Force
  • SA Army
  • SA Defence Force / Weermag
  • SA Military History
  • SA Naval Museum
  • SA Police receiving the freedom of Nylstroom.
  • SA Railways Police / Spoorwegpolisie
  • SA War Graves / SA Oorlogsgrafte
  • SADF Special Forces
  • SANDF
  • SAP – CID
  • SAP – Devices
  • SAP – Durban
  • SAP – The Police Board
  • SAP & Apartheid
  • SAP Afdeling: Oos Transvaal
  • SAP Air Wing
  • SAP Bomb Squad
  • SAP Brigade
  • SAP Caprivi
  • SAP Chaplains – SAP Kapelane
  • SAP College
  • SAP Colours – Vaandel
  • SAP Commercial Branch / Handelstak
  • SAP Commissioners
  • SAP Commissioners
  • SAP Depot / College ) Pretoria West
  • SAP Dog Unit
  • SAP Dogmasters (CID)
  • SAP Durban
  • SAP Field Court Martial (1914)
  • SAP Fort Edward (formerly Zarp Fort Hendrina)
  • SAP Golden Jubilee 1963
  • SAP Hall of Fame
  • SAP Helicopters
  • SAP Herold
  • SAP History / Geskiedenis
  • SAP King's Rest Durban
  • SAP Krugersdorp
  • SAP Maleoskop
  • SAP Medals
  • SAP Members of Indian decent / Indiër-lede
  • SAP Memorial / SAP Gedenkteken
  • SAP Mobile Unit – Port Natal
  • SAP Montagu
  • SAP Monuments& graves
  • SAP Personalities
  • SAP Pretoria Central & Barracks
  • SAP Prosecutors – Aanklaers in Howe
  • SAP Resort Port Edward
  • SAP Robertson
  • SAP Security Branch / Veiligheidstak
  • SAP serving in Kenya
  • SAP South West Africa Division
  • SAP Soweto
  • SAP Transkei Division (Pre-Independence from the RSA)
  • SAP Transport & Animals
  • SAP Verulam
  • SAP Voertuie Vehicles
  • SAP Wentworth (Durban South)
  • SAP Wentworth Training College
  • SAP: Kollege Vir Gevorderde Opleiding [KGVO] Paarl
  • SAPS Germiston
  • SAPS KZN Province
  • SAPS Personalities
  • SAPS Pinetown
  • SAPS Roll of Honour
  • SARS
  • Schutztruppe
  • Sekretariaat van die Staatsveiligheidsraad (SSVR – SSSC)
  • Situasiekamer: Staatspresident
  • Situation Room – State President
  • SKRYWERS & BOEKE
  • South African Air Force
  • South African Air Force in Korea
  • South African Commonwealth War casualties buried across the World –
  • South African Commonwealth War casualties buried across the World – Part Eighty-Nine.
  • South African Constabulary
  • South African Defence Force
  • SOUTH AFRICAN FORCES HISTORY PRESERVED
  • South African Intelligence History
  • SOUTH AFRICAN LAWS
  • South African Medals
  • South African Police Brigade
  • SOUTH AFRICAN POLICE SERVICE
  • SOUTH AFRICAN POLOICE SERVICE
  • SOUTH AFRICAN TRAFFIC DEPARTMENTS
  • South Africans in RAF
  • South-West Africa Police Forces
  • Spotprente
  • Squad Cars
  • Squatting in South Africa: a Growing Crisis
  • Staatsbou – State building
  • Staatsveiligheidsraad
  • Statute: Gen Louis Botha (Durban)
  • Statute: King Dinuzulu kaCetshwayo
  • Statute: Pres SJP Kruger
  • STRATEGIC STUDIES
  • Sub-culture / sub-kultuur
  • Suid-Afrikaanse geskiedenis
  • Suid-Afrikaanse Polisie [SAP]
  • SWAPOL
  • Swart op Swart geweld
  • Taiwan
  • Tak Nasionale Vertolking (TNV)
  • Tak Strategiese-kommunikasie (TSK)
  • Taxi Industry
  • The "Reiterdenkmal" in Windhoek
  • The Daisy Spy Ring
  • The Equestrian Monument: Windhoek
  • The history of the Nongqai (1907 – 1961)
  • The Natal Bobby
  • Theft of Rail Infrastructure
  • TIN Teeninsurgensie / COIN
  • Town Guards/Forts of Uniondale & Boer Invasion
  • Transkei Police
  • Transvaal Police (1900 – 1910)
  • Trewits
  • Tribute to SAP Members
  • Uloliwe
  • Ultra Regse Rewolusionêre Bedrywighede
  • Uncategorized
  • Under cover operations
  • Under cover police officials
  • Union Defence Force
  • Union Defence Force (1912)
  • Union Defence Force Memorial
  • United States
  • VSA se Bunkerbreker-bom (BBB)
  • Wachthuis
  • Wachthuis – Cape Town
  • Wanted: Photographs
  • Water Police
  • Water Police
  • Water Police
  • Water Police Durban
  • Water Police Walvis Bay
  • Water Security
  • Water Wing Durban
  • Western Cape Provincial Cabinet
  • Witbooi
  • WOMEN IN UNIFORM
  • Women's Auxiliary Air Force
  • Women's Month
  • ZAR Swaziland Grenspolice
  • Zuid-Afrikaansche Republiek Politie (Zarp)
  • Nongqai Home Page
  • NEW / NUUT
  • ARCHIVE/ARGIEF
  • YOUTUBE
  • ABOUT/OMTRENT
  • PRIVACY/PRIVAATHEID
  • Contact / Kontak
  • Facebook
  • X
  • Instagram
  • RSS

Designed by Elegant Themes | Powered by WordPress