
TRANSKEI
Brig (afgetree) Fanie Bouwer
Abstract
- Brig Fanie Bouwer shares his service memories in the former Transkei.
Keywords
- Bantu Holomisa
- British East Indian Company
- Engcobo
- Epainette Mbeki (mother van Thabo Mbeki)
- Grosvenor (sail ship)
- Idutywa
- Lambasi Bay
- Mvezo
- Nelson Mandela
- Eastern Cape
- Penal Code van 1886
- Qunu (between Idutywa en Umtata)
- Stella Sigcau
- TDF se military coup of 1987
- Thabo Mbeki
- Trading Stations in Transkei
- Transkei
- Transkei ‘Independence’ on 26 October 1976
- Umtata
- United Democratic Movement (UDM)
Vir baie sal dit snaaks klink, maar ek dink altyd met nostalgie terug aan hierdie tuisland in die Oos-Kaap.
As ek so terugdink was daar nooit ‘n moord op die wit inwoners wat honderde afgeleë handelstasies (‘trading stations’) besit het nie. Dit was ‘n tydperk van vrede en goeie verhoudinge tussen die rassegroepe.
In Transkei was ek gestasioneer vanaf 1968 tot 1975, waarna ek na Stellenbosch, op versoek, verplaas was. Ek was toe reeds vir ‘n paar maande op Engcobo gestasioneer nadat ek my sersantdae op Idutywa deurgebring het. Eintlik het ek ‘n paar stasies in daardie Bolandse kontrei genoem in my aansoek en was dié studentedorp aan my toegewys.
Soos mens kan verstaan, was dit vir my ‘n unieke, anderster ervaring. Dinge was net radikaal anders – vir my.
In 1974 het ek ‘n ‘meneer’ in die SAP geword in Transkei, bedoelde ek was bevorder na die rang van adjudant-offisier nadat ek meesal met buitedepartementele dienste – aanklaerswerk – besig was. Dit was ‘n ervaring wat baie waarde tot my latere loopbaan toegevoeg het.
Ek wil egter met hierdie pos fokus op boeiende gebeurtenisse of anekdotes wat met die Transkei verband hou.
Transkei, wat vandag deel is van die Oos-Kaap in die nuwe Suid-Afrika, het ‘n ryk en komplekse geskiedenis, veral as gevolg van sy status as ‘n voormalige ‘onafhanklike’ bantustan, of tuisland as jy wil, tydens die vorige politieke bedeling. Die destydse Engelse reg het daar gegeld soos vervat in die sg. Penal Code van 1886.
Die dag toe Transkei ‘Onafhanklik’ geword het op 26 Oktober 1976, was die Transkei amptelik as ‘n ‘onafhanklike republiek’ verklaar deur die Suid-Afrikaanse NP-regering onder premier John Vorster ingevolge die vorige premier, Hendrik Verwoerd, se visie van ‘afsonderlike ontwikkeling’. Dit was die eerste bantustan wat hierdie status gekry het, met hoofman Kaiser Matanzima) as sy eerste president.
Die seremonie in Umtata (nou Mthatha) was ‘n groot, grênd affêre, met vlae wat wapper en toesprake wat die ‘nuwe nasie’ gevier het.
Hier is egter die interessante deel: niemand buite Suid-Afrika het dit erken nie. Die Verenigde Nasies (VN) het dit ‘skyn-onafhanklikheid’ genoem en dit as ongeldig verklaar.
Vir die plaaslike Xhosa-mense was dit ‘n gemengde saak – sommige het gehoop dit sou meer outonomie bring, maar baie, insluitend die ANC, het dit verwerp as ‘n truuk om apartheid te versterk. Dit het gelei tot ‘n vreemde situasie waar Transkei sy eie posseëls, geld (die Transkeise rand), en selfs ‘n weermag gehad het, maar in werklikheid ekonomies afhanklik gebly het van Suid-Afrika.
Die militêre oorname van 1987 is n fassinerende verhaal uit die Transkei se geskiedenis. Dit was toe die militêre staatsgreep uitgevoer was toe Stella Sigcau destyds die premier van Transkei was. Haar bewind was kortstondig.
Op 30 Desember 1987 het die jong generaal, Bantu Holomisa, destyds hoof van die Transkei Weermag, die regering omvergewerp.
Dit was nie jou tipiese bloedige staatsgreep nie – dit was relatief vreedsaam, met soldate wat eenvoudig die regeringsgeboue oorgeneem het. Holomisa het gesê hy tree op teen korrupsie en wanbestuur, en hy het die mag oorgeneem as leier van ‘n militêre raad.
Wat dit bykomend interessant maak, is dat Holomisa later ‘n sleutelfiguur in die post-apartheid Suid-Afrika geword het, as lid van die ANC en mede-stigter van die United Democratic Movement (UDM). Holomisa het hierdie party gestig nadat die ANC hom uitgeskop het omdat hy Sigcau – toe ‘n ANC-kabinetsminister van Nelson Mandela – van korrupsie beskuldig het.
Die staatsgreep het gewys hoe onstabiel die bantustan-stelsel was, selfs in sy eie ‘omafhanklike’ vorm.
Die Transkei se weermag (TDF) wat in 1975 gestig is, het ‘n ligter kant. Hoewel dit bedoel was as ‘n ‘ernstige militêre mag’ te gewees het, was dit klein en swak toegerus in vergelyking met die Suid-Afrikaanse Weermag.
Daar’s ’n anekdote wat rond gegaan het dat die TDF se soldate soms meer tyd spandeer het om parades te oefen as om werklik te veg. Toe Transkei in 1978 diplomatieke bande met Suid-Afrika verbreek het oor ‘n gronddispuut, het dit ’n absurde situasie geskep: die enigste land wat Transkei erken het, was nou sy ‘vyand.’ Die TDF het wel later onder Holomisa ’n meer ernstige rol gespeel, maar in sy vroeë dae was dit dikwels die onderwerp van grappe onder Suid-Afrikaners wat die bantustans as poppekaste beskou.
Die Transkei andersins
Die Transkei se kuslyn, bekend as die ‘Wilde Kus,’ is berug vir sy ruwe, buitengewone skoonheid en gevaarlike waters. Daar is geen mooier kus elders om Suid-Afrika nie.
Een van die bekendste stories is die sink van die Britse Oos-Indiese Kompanjie se skip, die Grosvenor, in 1782. Die skip was op pad van Indië na Engeland, gelaai met skatte soos goud, silwer, en juwele, toe dit naby die huidige Lambasi Bay aan die Transkeise kus gesink het.
Van die 150 mense aan boord het net ‘n paar die wal bereik, en die oorlewendes moes deur die ruwe terrein van die Transkei trek om hulp te kry. Plaaslike Xhosa-mense het sommige gehelp, maar die meeste het verdwyn of gesterf.
Die wrak het vir eeue ‘n legende gebly, met skattejagters wat steeds droom om die verlore goud en juwele te vind. Dit bly een van die mees dramatiese verhale van die streek se geskiedenis.
Nelson Mandela se wortels
Die Transkei is ook bekend as die geboorteplek van Nelson Mandela, wat in 1918 in die klein dorpie Mvezo gebore is. Sy kinderjare in die nabygeleë Qunu (tussen Idutywa en Umtata) gee ‘n menslike kant aan die streek se storie.
Mandela het dikwels vertel hoe hy as seun beeste opgepas het in die heuwels van die Transkei en geleer het oor leierskap van sy pa, ‘n stamhoof. Ná sy destydse ontslag uit die gevangenis, het hy gekies om terug te keer na Qunu, waar hy ‘n huis laat bou het en uiteindelik begrawe is in 2013.
Die ander president, Thabo Mbeki, is weer in die Idutywa-distrik gebore. Ek het ‘n paar keer by sy ma, Epainette, se winkel aangedoen toe ek op Idutywa gestasioneer was. Ek het toé niks van die Mbeki’s se geskiedenis geweet nie.
Ek het dekades laas deur die Transkei gery. Ek het geen idee hoe dit vandag daar lyk en hoe dinge andersins gebeur nie.