SOUTH-AFRICA: COUP D’ÉTAT

SUID-AFRIKA: COUP D’ÉTAT

Brig HB Heymans

Inleiding

Net voor die term coup d’état weer die week in die media opgeduik het, het ek en brig. Fanie Bouwer toevallig juis daaroor gesels. In ’n private skrywe het ek hom as volg ingelig:

Coup d’État in Konteks

Jare gelede het ek op ’n amptelike “Coup d’État”-komitee gedien. Ja, só ’n komitee het regtig bestaan. Ek het Luttwak se gesaghebbende werk oor staatsgrepe bestudeer en dit aan die SAW/SAP-komitee voorgehou. Dié werk was besonder insiggewend. (Luttwak, Edward N. (1968). Coup d’État: A Practical Handbook.)

As lid van die SAP en die International Police Association (IPA) het ek verskeie Afrikalande besoek. Die binnelandse dimensie van nasionale veiligheid is van kardinale belang in Afrika. Die primêre funksie van ’n Afrika-mag is dikwels om die staatshoof—’n president of koning—te beskerm.

Balansering van Magte

Die militêre struktuur word dikwels gebalanseer met die polisie. In sekere gevalle word die lugmag selfs onder die polisie geplaas. Ons eie SAPS-watervleuel is byvoorbeeld groter as die vloot.

Hierdie magsbalans tussen weermag en polisie verswak die risiko van ’n staatsgreep aansienlik, en bied aan staatshoofde groter mobiliteit vir buitelandse besoeke.

Kyk net na die omvang en bedrywigheid van SAPS se BBP-eenhede—dit is indrukwekkend. (In teenstelling met die “ou” dae” waar die staatshoof stilweg beweeg het.) Polisiewerk en ondersoek is egter dikwels van sekondêre belang: “my mense moet eet.” Hier het ons te make met ’n totaal ander kultuur.

Ervarings en Waarnemings

Luttwak se boek bly uiters boeiend. Staatsgrepe het plaasgevind in onder meer Lesotho (deur para-militêre polisiemag), Ciskei, Venda, Bophuthatswana (gepoog) en verskeie ander Afrikalande—sommige deur gendarmemagte, ander deur die weermag, soms selfs gesamentlik.

Tans lees ek ’n boek oor die ANC, geskryf uit ’n binnekring-perspektief. Die verval het doelbewus begin ná die Polokwane-konferensie. Tot vandag toe is mnr. Zuma nog nie aangekla nie. Die strategie is duidelik: Stalingrad.

“Adapt or die.” Vir ons bly dit ’n vreemde, amper surrealistiese ervaring. Ons leef in ’n ander wêreld—kyk maar na die regsproses hoe lank sake neem…

Sela.

'n Foto wat skermskoot bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.