Die debat oor die ANC se selektiewe vervolgings

Keywords: ANC selective prosecutions, Equality before the Law, Gelykheid voor die Reg.

Excerpt: This article includes the debate about the ANC’s selective political prosecutions in South Africa.

OP 10 MEI 2026 SKRYF DIE VOOMALIGE PARLEMENTSLID EN PROFESSOR DR. PIETER MULDER ‘N BRIEF AAN DIE BURGER, WAARMEE HY ‘N BROODNODIGE DEBAT OOR DIE ANC SE SELEKTIEWE VERVOLGINGS INISIEëR.  – Redakteur.

Dr. Pieter Mulder se brief aan DIE BURGER, 10 Desember 2025

Operasie Vula in 1990 en Vula vandag?

Pieter Mulder

10 Desember 2025

4 Mei 1990  teken Nelson Mandela en FW de Klerk die Groote Schuur-minuut. Die twee leiers verduidelik by ’n mediakonferensie hoe hulle verbind is tot ”…’n vreedsame onderhandelingsproses” en hoe hulle dit so in die eerste paragraaf verwoord het.

Twee maande later ontbloot die veiligheidspolisie ’n geheime ondergrondse sel van die ANC. Verdere ondersoeke ontbloot dit as Operasie Vula onder leiding van Mac Maharaj, Ronnie Kasrils en Siphiwe Nyanda. Die drie is prominente lede van die ANC se Nasionale Uitvoerende komitee.

Operasie Vula behels dat ondergrondse selle orals in die land gevestig word om as ’n netwerk te dien vir ’n gewapende oorname van die regering. Daarvoor is reeds groot hoeveelhede wapens onwettig die land ingebring en in opslagplekke versteek. Operasie Vula is in 1986 in Lusaka onder toesig van Oliver Tambo, ANC leier, en Jacob Zuma, intelligensiehoof van die ANC, geloods. In 1990 besluit die ANC om daarmee voort te gaan ongeag die onderhandelinge en die Groote Schuur ooreenkoms se vreedsame beloftes.

Operasie Vula verbreek alles wat ooreengekom is. Die ANC sit met eier op die gesig. Tog eis hulle dat ANC lede soos Maharaj en Nyanda, wat in hegtenis geneem is, amnestie moet kry en vrygelaat word.

Die Polisie eis dat as amnestie gegee gaan word, die geleentheid benut moet word om ook amnestie te gee aan polisielede wat oor die jare by die gewelddadige konflik betrokke was. Die ANC was met sy rug teen die muur en kon dit nie weier nie. Minister Kobie Coetzee skiet dit af. Volgens hom moet sekere politieke belange eers beskerm word voordat algemene amnestie op die tafel geplaas kon word.

Generaal Johan van der Merwe, polisiehoof, skryf later: “Dit het later duidelik geword dat die politieke belange waarna mnr. Coetsee verwys het, bloot gegaan het om die beskerming van die politieke toekoms van regeringslede. Die belange van die veiligheidsmagte het hulle geensins getraak nie.”

Die gevolg hiervan is dat twee bejaarde oud lede van die Veiligheidspolisie verlede week aan moord in 1987 skuldig bevind is. Nog 159 soortgelyke polisiesake word tans ondersoek volgens minister Kubayi. Robert McBride is gevonnis vir drie moorde by die Magoo’s Bar. Saam met talle ANC lede het hy amnestie gekry en loop tans vry rond. Meer as 20 000 ANC lede het amnestie gekry voor die Waarheidskommissie nog gesit het. Hierdie dubbele standaarde maak my woedend en is uiters onregverdig.

Hierdie week bedank Zuma se dogter Duduzile Zuma-Sambudla uit die parlement weens haar betrokkendheid om 17 Suid-Afrikaners te werf vir die oorlog in die Oekraïne. Jacob Zuma verduidelik in ’n brief aan die Russies Minister van verdediging, Beloesof, dat die 17 na Rusland is vir opleiding as offisiere en nie om in die oorlog te veg nie.

Zuma skryf hulle is gestuur “om gevorderde militêre opleiding te ontvang. Hul missie was om van die wêreld se bestes te leer sodat hulle eendag na Afrika kan terugkeer as bekwame leiers en standvastige kampvegters vir ons gemeenskaplike saak.” Waarom ”militêre opleiding” in Rusland en vir watter “gemeenskaplike saak?” Dit lyk en ruik na ’n nuwe operasie Vula.

In Julie 2021 kon die polisie nie keer dat duisende protesteerders winkels plunder en mense doodmaak nie. Die doel, is verduidelik, was om die land onregeerbaar te maak. Zuma-Sambudla was ook daarby betrokke. Dink iemand dit kan dalk met beter militêre opleiding herhaal word om so met geweld van die huidige ongewilde Ramaphosa regering ontslae te raak?

Sien die regering hierdie saak ook so ernstig as wat dit vir my lyk?

Wat sou gebeur as 17 Afriforum-lede met kamoefleer-uniforms na Rusland vertrek vir militêre opleiding?

Dr Pieter Mulder is ’n voormalige parlementslid en professor.

*

Repliek van mnr. A.P. Stemmet: 16 Desember 2025 en 1 Januarie 2026

Ek stem nie saam dat VULA en die huidige gebeure vergelyk kan word nie . Daar is wesentlike verskille .

Adamus P. Stemmet, voormalige sekretaris van die SVR

IN MY KOMMENTAAR OP JOU ARTIKEL SÈ EK DAT DIE VRAAG OF MANDELA EN KIE,  TERWYL HULLE MET DE KLERK AAN DIE ONDERHANDEL WAS DAARVAN BEWUS WAS DAT KASRILS, NYANDA EN  MAHARAJ  BESIG WAS OM N GEWELDADIGE  MAGSOORNAME TE BEPLAN, N DEBAT VIR N ANDERDAG WAS. IS ONS DIT NIE AAN ONS NAGESLAG VERSKULDIG  OM DIT NOU REEDS AAN DIE GANG TE SIT NIE. ONS JARE LOOP AAN..

Adamus Stemmet  *

Repliek van dr. Pieter Mulder: 31 Desember 2026

Baie geluk aan Henning van Aswegen met hierdie deeglik nagevorste artikel oor Operasie Vula van die laat tagtiger- en begin negentigerjare. Hy dui die beplanning en uitvoering van Operasie Vula oor etlike jare volledig aan en vra dan met reg die vraag of dit doeltreffend was?

Die titel van sy artikel “a deadly miscalculation” beantwoord hierdie vraag. Dit sou ook nie so ’n “deadly miscalculation” gewees het as ons verskillende staatsveiligheidsafdelings nie daardie tyd steeds so doeltreffend was nie om operasie Vula oor vyf jaar te monitor sonder dat die anderkant daarvan geweet het.

Vergun my drie verdere opmerkings.

  1. Dat die  onderhandelinge en ’n skikking in die negentigerjare nodig was, word nie betwis nie. Daar was nie meer baie alternatiewe oor nie. Ek was ook by groot gedeeltes van die onderhandelinge teenwoordig. My frustrasie was al die geleenthede, waarvan ek getuie was, wat gemis is en waarmee ’n beter skikking en ’n meer wen-wen oplossing verkry kon word.

Operasie Vula is een so ’n voorbeeld. Daar kan geen twyfel wees dat Oprasie Vula hoogverraad was en dat die betrokkenes daarvolgens gestraf sou kon word nie.

Operasie Vula het alles van ’n vreedsame onderhandelingsproses soos wat tussen die NP-regering en die ANC by die Groote Schuur minuut ooreengekom is, verbreek. Die ANC het met eier op die gesig gesit. Tog eis die ANC op arrogante wyse dat ANC lede soos Maharaj en Nyanda, wat in hegtenis geneem is, amnestie moet kry en vrygelaat word.

FW de Klerk het ook ’n dilemma gehad deurdat dit logies was dat sonder amnestie dit tot ’n uitgerekte hoogverraadsaak sou lei wat die onderhandeling sou beëindig of op die minste dit met maande sou vertraag.

Die Polisiehoofde sien hierdie dilemma raak en maak voorstelle hoe dit ten beste benut kan word.  Hulle eis dat as amnestie gegee gaan word aan die Vula-oortreders, die geleentheid benut moet word om ook amnestie te gee aan alle polisielede wat oor die jare by die gewelddadige konflik betrokke was. Die ANC was met sy rug teen die muur en kon dit nie weier nie.

Die ongelooflike gebeur deurdat Minister Kobie Coetzee dit af skiet. Volgens hom moet sekere politieke belange eers beskerm word voordat algemene amnestie op die tafel geplaas kon word. Generaal Johan van der Merwe, polisiehoof, skryf later in sy boek (p.172): “Dit het later duidelik geword dat die politieke belange waarna mnr. Coetsee verwys het, bloot gegaan het om die beskerming van die politieke toekoms van regeringslede. Die belange van die veiligheidsmagte het hulle geensins getraak nie.”

Die gevolg hiervan is dat twee bejaarde oud lede van die Veiligheidspolisie (Engelbrecht en Stander) onlangs aan moord in 1987 skuldig bevind is. Nog 159 soortgelyke sake word blykbaar tans volgens minister Kubayi ondersoek.

Ek het nie al die detail van die 1987 aanklagte teen die veiligheidspolisielede nie maar ek weet dat Robert McBride amnestie gekry het nadat hy gevonnis is vir drie moorde in 1986 op onskuldige persone by die Magoo’s Bar. So ook Mzondeleli Nondula wat skuldig bevind is aan ses moorde op die onskuldige De Nysschen en van Eck families in Messina. Hy het twee polisielede doodgeskiet en die kleuters van die families se liggaamsdele is in die boomtakke gevind nadat die myn wat hy geplant het, afgegaan het. Daar is nog talle voorbeelde.

Meer as 20 000 ANC lede het so amnestie gekry en is vrygelaat voor die Waarheidskommissie nog gesit het as voorwaarde van die ANC vir onderhandelinge. Hierdie dubbele standaarde maak my woedend en is uiters onregverdig. ’n Belangrike geleentheid om algemene amnestie te kry deur Vula as onderhandelingshefboom te gebruik, is gemis. McBride was later hoof van die buitelandse tak van die Staatsveiligheidsagentskap en hoof van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Onafhanklike Ondersoekdirektoraat. Nondula het na 1994 ’n kolonel in die weermag geword.

  1. Onlangs het oud-president Zuma se dogter, Duduzile Zuma-Sambudla, uit die parlement bedank weens haar betrokkenheid om 17 Suid-Afrikaners te werf vir die oorlog in die Oekraïne. Jacob Zuma verduidelik in ’n brief aan die Russies Minister van verdediging, Beloesof, dat die 17 na Rusland is vir opleiding as offisiere en nie om in die oorlog te veg nie.

Zuma skryf hulle is gestuur “om gevorderde militêre opleiding te ontvang. Hul missie was om van die wêreld se bestes te leer sodat hulle eendag na Afrika kan terugkeer as bekwame leiers en standvastige kampvegters vir ons gemeenskaplike saak.” My vraag is: Waarom ”militêre opleiding” in Rusland en vir watter “gemeenskaplike saak?” Dit lyk en ruik na ’n nuwe, maar baie amateuragtige poging vir ’n operasie Vula. Veral gesien teen die agtergrond van Zuma se betrokkenheid en kennis van die eerste Operasie Vula.

Later is verduidelik dat hulle vir “militere opleiding” gestuur is om hier beskermers van belangrike persone te kan word. Ons het meer as genoeg sulke opleidingsgeleenthede in Suid-Afrika.

Die feite is dat die polisie in Julie 2021 nie kon keer dat duisende protesteerders winkels plunder en mense doodmaak hoofsaaklik in KZN nie. Die doel, is later verduidelik, was om die land onregeerbaar te maak. Zuma-Sambudla was ook daarby betrokke. Dink iemand dalk dat met beter militêre opleiding hierdie 2021 gebeure herhaal kan word om so met geweld van die huidige ongewilde Ramaphosa regering ontslae te raak? Hopelik neem die regering kennis van hierdie saak.

  1. Suid-Afrika is trots op sy demokrasie. Die vraag is of Suid-Afrika die finale toets vir ’n demokrasie al geslaag het. As ek na standpunte van Zuma se dogter, Duduzile Zuma-Sambudla, van MK- en EFF leiers luister, is ek nie seker nie.

Die finale toets kom wanneer president George H.W. Bush van die VSA die sleutels van die Withuis, en so die regering aan die nuwe president Bill Clinton (van ’n ander politieke party) oorhandig na ’n demokratiese verkiesing en hom vriendelik die Withuis en “Oval Office” wys. Of Jan Smuts as leier van die “Sappe”, wat minder gewillig maar steeds, die Uniegebou se sleutels in 1948 aan dr. DF Malan, leier van die “Natte” oorhandig.

Prof K.A. Busia van Ghana het die volgende oor demokrasie in Afrika geskryf:

“A democracy in the last analysis depends on the character of individual men and women and the moral standards of the community. Rules governing elections may be made; freedoms may be provided in constitutions; and Bills of Right may be passed; they will make arbitrary acts easier to resist publicly, but they will not by themselves secure democracy. There are other rules which are unwritten, such as honesty, integrity, restraint and respect for democratic procedures.”

Ek het so gevoel dat daardie toets vir die ANC en vir Suid-Afrika nie meer ver die toekoms in is nie.

Dankie Henning van Aswegen vir hierdie deeglike artikel en vir jou lekker lees boek Spioenmeesters waaruit hierdie inligting kom.

Pieter Mulder

*

Repliek van dr. Pieter Mulder: 31 Desember 2026

Ek stem met jou saam dat daar wesentlike verskille tussen destyds se Vula en nou is, Adamus. Tog lyk dit na ’n amateuragtige poging om iets van destyds se Operasie Vula te herhaal. Om net 17 manne te stuur om in die oorlog te veg, maak ook nie sin nie. Jacob Zuma skryf ook dat dit nie die doel was nie. Die doel was militêre opleiding volgens hom. Hulle huidige verduideliking is dat hulle as veiligheidswagte vir leiers opgelei moes word. Daardie opleiding kan jy maklik ook wettig in Suid-Afrika kry.

Pieter Mulder

*

Repliek van Brig. Hennie Heymans, Hoofredakteur Nongqai Trust & Publikasies

Vriende, ek stem saam met dr. Pieter Mulder.                                   

Hennie Heymans

Repliek van Dr. Willem Steenkamp; 2 Januarie 2026

Hiermee enkele gedagtes oor Vula en dit wat die kwessie nou weer relevant maak.

Ten eerste stem ek hartgrondiglik saam dat daar tans gans te veel mites en wanbegrip bestaan oor ons verlede. Mense moet die werklike dryfvere verstaan agter dit wat gebeur het, tans nog gebeur en in die toekoms kan herhaal.

Die ANC is huidig polities met die rug teen muur. Na regs gaan hy nie hond-haaraf maak om stemme te werf nie. Van links af (waar sy enigste hoop sou wees om weer stemme terug te probeer wen) word hy skerp aangeval as verraderlike kneg van “Blanke kapitaal”. As deel van sy politieke strategie gebruik Ramaphosa se ANC dus nou die herlewing van vervolgings om kredietwaardigheid te probeer bou by linkses. Uit hulle hoek, dus, hoe meer publisiteit en polemiek daaromheen, hoe beter vir hulle – wat die vraag laat ontstaan: hoe om nie in hulle hande te speel nie…

Aandrang op “gelyk-beregtiging” en uitwys dat die pot en ketel ewe swart was gaan geen hond haaraf maak nie – dit gaan hulle hoegenaamd nie moreel roer nie en ons publieke proteste gee hulle juis wat hulle soek: publisiteit en krediet by die linkses waarna hulle vry. Al wat regtig kan help is die beste moontlike regsverteenwoordiging vir die vervolgdes plus geldelike en emosionele bystand aan hulle.

Teen hierdie agtergrond moet Vula in konteks gesien word: vir wat dit in die verlede was, en wat dit mag aandui rondom wat in die toekoms vanuit sekere oorde verwag kan word (veral indien die land – soos dit toenemend lyk – teen die volgende verkiesing in effek onregeerbaar mag raak by gebrek aan die moontlikheid om ‘n koherente regeer-meerderheid te konstitueer).

Betreffende die verlede moet drie dinge onthou word: Vula is bedink en in werking gestel in die “armed struggle” fase lank voor onderhandeling op die toneel gekom het; die ANC/SAKP was altyd diep verdeel tussen wat mens breedweg die Lusaka en Londen faksies kan noem van sg radikales en gematigdes; en die intelligensie-gemeenskap, veral NI, het Vula reeds diep gepenetreer gehad vanuit sy staanspoor. Toe Vula oplaas dus publiek bekend geword het agv 1990 SAP-VT optrede teen hulle in Natal, was die vraag wat die regering moes antwoord of Vula gronde was om die hele vredesproses te stop (maw, op grond daarvan dat dit doelbewuste duidelike dubbel-agenda sou wees aan die kant van ook die “moderates” in die ANC rondom Mandela en Mbeki wat onderhandeling voorgestaan het). In die alternatief, of Vula eerder tekenend was van ‘n “armed struggle” erfenis wat voortsleep, asook van die verdeling tussen die “moderates” en die Lusaka-faksie.

Danksy die deeglike penetrasie van Vula en sy gewaande “onbreekbare” kommunikasie, was NI destyds in die posisie om die regering te kan voorlig dat Vula gesien moet word as in werklikheid juis so ‘n sleepsel vanuit die verlede  wat tekenend was van ANC-verdeling; aan die kant van die Lusaka-faksie, wat die regering in 1990 gladnie vertrou het nie, was die voortsetting van Vula gesien as ‘n tipe assuransie-polis. Dit het ook gestaan in die teken van die toe reeds groeiende stryd om die Zoeloe-stem in veral Natal en WWR tussen IVP en ANC, wat al meer fisies geraak het. Vula was dus nie meer in wese gemik op die aanvanklike oogmerk daarmee, nl om mee te help om die blanke regering met wapengeweld te ontsetel nie (die ANC/SAKP top-leierskap het maar te goed besef dat hulle enigste pad na mag deur onderhandeling was) maar eerder gegaan het oor ‘n “plan B” in plek hou in geval van “regeringsverraad” en ook wapen-stapeling vir ‘n voorsienbare kinetiese konflik met Inkatha. Volgens my navorsing is Vula dus nie deur NI gesien as gronde vir die opskort van die vredesproses nie, maar eerder as nog meer rede om onderhandeling te bly prioritiseer – met reg so.

Wat Mandela en Mbeki betref: Mandela (toe nog in die tronk) was uiteraard nie betrokke by die daarstel van Vula nie. Dit was ook bekend in intelligensie-kringe dat Mac Maharaj se haat vir Mbeki (wat uiteindelik uitgeloop het op eg. se kampanje om Mbeki met JZ by Polokwane te vervang in Desember 2007) juis finale beslag gekry het rondom Vula se ontbloting deur de SAP-VT en die gepaardgaande arrestasies – Mbeki was glo woedend dat die Lusaka-faksie die onderhandelinge in gevaar gestel het met die voortsetting van Vula, en Maharaj was weer woedend vir Mbeki omdat Thabo volgens hom geweier het om ‘n vinger te verroer om Maharaj-hulle onverpoosd vrygelaat te kry.

Die baie meer belangrike betekenis vandag van Vula – veel meer as tob oor die verlede en/of dit te probeer bytrek as (iedergeval nodelose) deel van ‘n verweer van gebrek aan gelykberegtiging in die onlangs-herleefde vervolgings, is wat Vula vandag nog mag aandui rondom wat van die Zuma-faksie verwag kan word in konteks van die komende politieke magstryd… In ag nemend die geskiedenis en nou weer mense Rusland toe stuur, kan gryp na die geweer myns insiens nie uitgesluit word nie…

Wat in die hele debat oor die herleefde vervolgings ook nie uit die oog verloor moet word nie is die werklikheid dat Vula en die arres van sy leiers destyds die ANC baie ontvanklik gestem gehad het vir die idee van ‘n algemene amnestie. Dat dit nooit deurgevoer is nie, is m.i. te lê voor die deur van die NP politieke leierskap. Wat was die werklike “deal” onderliggend aan die vrede-sluiting? In essensie het dit neergekom daarop dat die blanke regering die mag oorgee aan die ANC, in ruil vir vrede, rehabilitasie van die Afrikaner-beeld en waarborge rondom die beskerming van individuele en eiendomsregte. Uit ‘n individueel-persoonlike hoek was “rehabilitasie” van die eie self vir die NP-leierskap en daarmee uitskakeling van ‘n Nuremberg-proses (wat Anton Rupert vir PW Botha oor gewaarsku gehad het) sekerlik ‘n eg-menslike oorweging in elk se agterkop.

‘n Algemene amnestie sou onvermydelik na die oorgang die skuld-soek fokus van bv die media gehou het op die politieke en magte-leierskap. By Nurenberg was die kollig nie op sersante en luitenante nie, maar op die ministers en maarskalke.

Die uiteindelike WVK formule het die kollig heeltemal op die range geplaas, wat in die geval van die Polisie deur hulle eie eensmalige bevelvoerders omgepraat is om te gaan derms uitryg en die WVK-stelsel in effek te oorstroom. Net die SAP het dit loop staan en doen. Van die meer as 7,000 amnestie-aansoeke is net ‘n handvol toegestaan (5, 392 is geweier). Geen minister of generaal het aan die pen gery nie.

Was Kobie net te dom / tipies vrot sleg as verantwoordelike minister, of te behep met sy meisie en sy beeste, om tyd te maak om die Algemene Amnestie betyds in plek te kry? Of het dit sy persoonlike belang gepas? Was van die destydse top polisie-generaals  se aansporing van die range om in massa te gaan bieg,  die kundige advies van voormalige bevelvoerders lojaal besorgd oor hulle ondergeskiktes – of ook tog maar gekleur deur eiebelang?

My pa, (so woedend en ontsteld soos ek hom selde gesien het, op die dag toe drie can hierdie vol-generaals hom aan huis kom probeer oortuig het om ook vir amnestie te vra) het hulle gewaarsku oor wat hy duidelik kon sien sou gebeur. Hy het hulle verag vir wat hulle aan’t doen was, en subiet geweier om daarmee saam te gaan… (Generaal-majoor Frans Steenkamp, gedurende vroeg-tagtings SAP-VT nasionale bevelvoerder).

Vir die “groot kokkedore” het hulle strategie weliswaar toe gewerk, maar vir die laer range het 77% van aansoekers nie amnestie gekry nie…

Die werklike skuld hoort by die destydse politici, wat vir dekades verdeeld was oor die mees basiese strategiese opsie (of ons moes voorberei om te skiet, of om te skik). Danksy PW se “sluip-staatsgreep” het die “totale aanslag” brigade en “skiet” ongelukkig gedurende die verlore dekade die botoon gevoer, totdat dit so opsigtelik gefaal het dat weer terug moes gehaas word na skik – maar toe ongelukkig sonder dat enige behoorlike voorbereiding daarvoor gedurende die PW-dekade gedoen is. Danksy die “totale aanslag” fase onder PW is die magte gekondisioneer dat ons in ‘n oorlog gewikkel was, met polisiemanne in die voor-linie hiervan. Met die terugkeer na onderhandeling is polisiemanne toe skielik weer siviele “bobbies”, maar word hulle dade wat onder die oorlog-psigose van hulle vereis is, toe nie aan oorlogtydse norme gemeet nie maar weer aan gewone vredestydse prosesregtelike kriteria – met die bevelvoerders en politici van destyds wat “wink-wink, nudge-nudge” aangehits gehad het (maw, sonder skriftelike bevele), wat toe met woordeboek-uitlegte jakkalsdraaie hardloop en die manne vir wie hulle aangepor het om eerrstens te doen en toe vervolgens om te gaan bieg daaroor, wat aan die wolwe oorgelaat is…

En vandag! Meesal probeer ons instinktief steeds om tog maar nog “die span” se beeld te poets, sonder om die ongemaklike waarhede kaalkop aan te spreek. Al wat dit doen, is om ruimte te skep vir die mites en wanvoorstellings wat toenemend sirkuleer.  Daarom dat dit nou so nodig is om die disfunksionele en onoordeelkundige wat destyds hoogty gevier het, tesame met ‘n groot dosis politieke agterbaksheid en rugstekery, klinies in perspektief te plaas sodat vandag se geslag kan verstaan hoe ons gekom het van waar ons was tot waar ons is, en die regte lesse daaruit kan neem vir die toekoms…

Dr Willem Steenkamp. Voormalige ambassadeur & hoof van die diplomatieke akademie, intelligensie-analis van SA se siviele intelligensiediens, en prokureur.

*

Repliek dr. Pieter Mulder: 2 Januarie 2026

Adamus, jy is reg oor die navorsing en dat die arme nageslag toegegooi word met mites en leuens oor die verlede wat hulle nie kan beantwoord nie.

In sommige van Mandela se reaksies later, het hy glad nie ontken dat hy geweet het nie en het hy selfs die deelnemers geprys. Ek aanvaar teenoor FW moes hy aantoon dat hy niks geweet het nie. Dit mag aan die anderkant ook waar wees dat hy regtig nie ingelig was nie. Mbeki het minder argumente dat hy nie geweet het, nie aangesien hy beslis in die begin van die operasie geweet het.

Ek kan my ouderdom van 74 ook as verskoning gebruik maar ek wonder of die “jonge” Henning van Aswegen nie tyd gaan hê om daarna te kyk nie. Iewers in ’n boek oor Mandela of ’n geskrif mag daar meer inligting wees.

Pieter Mulder

*

Kommentaar deur Hennie Heymans: 4 Januarie 2026

Vriende, ek het KI vir inligting genader:

🔎 Operasie Vula – Wat dit was en hoekom dit saak maak
Operasie Vula (ook bekend as Vulindlela, “Open die Pad”) was een van die mees geheime en gesofistikeerde ondergrondse operasies van die ANC in die laaste jare van apartheid. Dit het tussen 1986 en 1990 plaasgevind en is deur oningeligde historici beskryf as een van die ANC se indrukwekkendste projekte.

🧭 Doel van Operasie Vula
Die operasie is ontwerp om:
• Verbode ANC-leiers en wapens in Suid-Afrika in te smokkel
• ’n ondergrondse netwerk te bou wat binnelandse aktiviste verbind met die ANC in ballingskap
• ’n direkte kommunikasielyn te skep tussen ANC‑hoofkantoor en Nelson Mandela in die tronk, wat op daardie stadium reeds met die regering onderhandel het
Dit was dus nie net ’n militêre projek nie, maar ook ’n kommunikasie- en organisasiestrategie.

🧑‍✈️ Wie het dit gelei?
• Mac Maharaj – bevelvoerder binne Suid-Afrika
• Siphiwe Nyanda – sy adjunk
• Oorhoofse toesig: Oliver Tambo en Joe Slovo in Lusaka
Die projek was só geheim dat selfs baie senior ANC-leiers geen kennis daarvan gehad het nie.

🕵️ Hoe het dit gewerk?
Operateurs het:
• Geheime kommunikasietegnologie gebruik (bv. vroeë vorme van digitale kodering)
• Wapens en dokumente deur verskillende roetes ingesmokkel
• ’n netwerk van veilige huise en ondergrondse strukture opgebou
• Kommunikasiekanale met Mandela gevestig wat die staat nie kon onderskep nie

⚠️ Ontmaskering en gevolge
In 1990 is die operasie blootgelê en agttien leiers is aangekla onder die Internal Security Act vir terrorisme en ’n beplande gewapende opstand.
Die blootstelling het plaasgevind tijdens die CODESA‑onderhandelings, wat die politieke klimaat baie gespanne gemaak het. Sommige historici, soos Henning van Aswegen, beskryf dit as ’n “dodelike misrekening” wat die onderhandelingsproses kon ontspoor.

🧭 Hoe beoordeel historici dit?
• Stephen Ellis noem dit “die mees effektiewe en indrukwekkende projek ooit deur die ANC geloods”. Die historikus Henning van Aswegen skryf in Spioenmeesters dat Operasie Vula van Dag Een af (1986) gekompromiteer was omdat Tim Jenkin nalatig en naief van British Telecom-telefoonlyne gebruik gemaak het. Hierdie inligting is reeds in 1986 deur die Britse binnelandse intelligensiediens MI5 deur middel van die amptelike skakelkanaal aan Suid-Afrika se veiligheidsdienste deurgegee.
• Ander meen dit het te laat gekom om die magsbalans werklik te verander.
• Kritici (veral uit veiligheidskringe) sien dit as ’n SACP‑gedrewe poging om ’n gewapende revolusie te loods terwyl onderhandelinge reeds aan die gang was.

📌 Kort opsomming
Operasie Vula was ’n hooggeheime, tegnies gevorderde ondergrondse ANC‑operasie wat:
• wapens en leiers die land ingebring het
• ’n nasionale ondergrondse netwerk opgebou het
• direkte kommunikasie met Mandela moontlik gemaak het
• in 1990 ontbloot is, wat groot politieke spanning veroorsaak het
Dit bly een van die mees omstrede en fassinerende operasies in Suid-Afrika se politieke geskiedenis.

*

Mnr. AP Stemmet, voormalige sekretaris van die Staatsveiligheidsraad, skryf op 4 Januarie 2026:

BESTE PIETER, EK WIL GRAAG DIE WAARHEID OP REKORD LAAT PLAAS. MY ODERVINDING HET MY IVM. DIE ONDERHANDELINGS TWEE DINGE GELEER, NL.

1)  KEN JOU VYAND, en 2) ONDERHA DEL ALTYD UIT N POSISIE VAN KRAG.

FW DE KLERK EN SY SPAN WAS ONERVARE, ONIGELIG, NAIEF EN  ONBEKWAAM. HY HET SY VEILIGHEIDS-MAGBASIS VERNIETIG VOOR DIE ONDERHANDELINGS. (EKKE DIE REDE). HY HET DUS NIKS GEHAD OM OP TERUG TE VAL TOE VULA PLAASGEVIND HET EN MANDELA DIKWELS MET ” MASS ACTION ”  GEDREIG HET OM  SY SIN TE  KY NIE . AGV. VAN FW SE HAAT VIR DIE VEILIGHEIDSMAGTE  HET HY  NIE GEBRUIK GEMAAK VAN OPGELEIDE MENSE IN ONDRRHANDELINGSVAARDIGHEDE  EN  TOEKOMSSTUDÏES NIE. DIT WAS TOG BEKEND ĎAT ONS ĎIT BY DIE STAATSDURNS INGEVOER HET. KYK IN PROF. NICK SEGAL SE BOEK ‘BRÊAKING THE MOULD’, WAAR DAAR NA NY VERWYS WORD AS BRON OOR DIE INVOER DAARVAN IN DIE STAATSDÌENS.

DIE DÔKUMENT  COMMUM0NIST NEGOTIATI NG TECHNIGES  HET HY EN SY MENSE OF NIE GELEES OF VERSTAAN NIE . DÏE GEVOLG ?  KYK DIE VOLGENDE UITTREKSEL UIT HIERDIE DOKUMENT: ” One of their strongest weapons: exhaustion through delay. The logic: the longer the process takes, the more the opponent will concede just to make progress. RICHARD NIXON HET DIE VOLGENDE  OOR KOMMUNISME GESË :  ‘JY PRAAT NET DIE VYAND OOR VREDE TERWYL HULLE OORLOG BEDINK ..

OM AF TE SLUIT :   ONS MOET DIE FEITEGEPUBLISEER KRY  VOOR DÏE OUDERDOM ONS INHAAL. GROETE, ADAMUS STEMMET. Nota : HENNIE HEYMANS WERK AAN IETS OOR OPERASIE VULA.

                             *

Kommentaar vanaf genl.Bertus Steenkamp, voormalige direkteur SAW Afdeling Militêre Inligting (AMI).

FW se “haat” vir die SAW, kom ook na vore in die sg “Nag van die Generaals” toe hy senior SAW afgedank het. SAW lede het aangedring op Raad van Ondersoek. Geweier. Genl Chris Thirion het hof toe gegaan, maar hy het net verskoning gevra – gekry. Nog ‘n vrees was dat die veiligheidsmagte die Verkiesing sou ontwrig. Hierdie berus op informasie en nie ware intelligensie nie.

*

Kommentaar deur A.P. Stemmet, voormalige sekretaris van die SVR

BESTE WILLEM,

BAIE INTERESSANT . MY VRAAG MOET DUS  NIE WEES OF MANDELA VAN VULA GEWEET HET NIE, MAAR OF FW DE KLERK GEWEET HET. TERLOOPS,TOE JOU PA GEVRA IS OM AANSOEP OM AMNESTIE TE DOEN, HET HULLE MY  OOK GEVRA. EK HET HULLE GEVRA OF HULLE VAN HUL VERSTAND AF WAS .

ADAMUS STEMMET

*

*