NONGQAISouth Africa’s National Security MagazineEstablished in 1907
DONATE
USS Delbert D. Black besoek Kaapstad
Foto: USA Embassy RSA

USS Delbert D. Black besoek Kaapstad

Amerikaanse missieldraende torpedojaer doen roetine-hawebesoek aan Suid-Afrika

Brig. Hennie Heymans (Afgetree)
November 28, 2026November 2026 uitgaweVol. 17 No. 111 minuut om te lees

Bron: Amerikaanse Ambassade in Suid-Afrika, Facebook-plasing, 27 November 2026.

Die Amerikaanse Vloot se oorlogskip die USS Delbert D. Black (DDG 119), het op 25 November 2026 in Kaapstad aangekom vir 'n roetine geskeduleerde hawe-besoek. Die doel van die besoek was om die skip van voorrade te voorsien en brandstof in te neem voordat sy operasionele vaart voortgesit word.

Tydens die besoek het die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Ambassadeur Bozell, die oorlogskip besoek waar hy die bevelvoerder en bemanning ontmoet het. Die ambassadeur het ook saam met die Amerikaanse dienspersoneel aan boord Thanksgiving gevier en die tradisionele Thanksgiving-maaltyd saam met die bemanning geniet.

Die Amerikaanse Ambassade het sy waardering uitgespreek teenoor die Suid-Afrikaanse regering, die hawe-owerhede en alle betrokkenes wat die besoek moontlik gemaak het. Volgens die Ambassade weerspieël sulke besoeke die bestaande samewerking en goeie betrekkinge tussen die Verenigde State en Suid-Afrika op maritieme en diplomatieke gebied.

Die Amerikaanse missiel-vernietiger USS Delbert D. Black (DDG 119) tydens haar hawe besoek aan Kaapstad op 25 November 2026.
Die Amerikaanse missiel-vernietiger USS Delbert D. Black (DDG 119) tydens haar hawe besoek aan Kaapstad op 25 November 2026.Foto: USA Embassy RSA

Die ambassadeur en Amerikaanse dienspersoneel van die USS Delbert D. Black tydens die skip se besoek aan Suid-Afrika.
Die ambassadeur en Amerikaanse dienspersoneel van die USS Delbert D. Black tydens die skip se besoek aan Suid-Afrika.Foto: USA Embassy RSA

Bronvermelding: Amerikaanse Ambassade in Suid-Afrika, Facebook-plasing van 27 November 2026. Vertaal en verwerk vir Nongqai.


Deel hierdie artikel:

Skryf aan ons oor hierdie artikel

Onthou jy dit, of weet jy meer? Jou kommentaar verskyn hier sodra 'n redakteur dit gelees het.

Die redakteurs kan u kommentaar, met u naam, in die maandelikse uitgawe plaas.