
Hendrik van den Bergh (kleinseun) & Hennie Heymans
Ek het vandag weer aan Oupa gedink en op sy eie woorde oor sy arrestasie op 20 Januarie 1942 afgekom.
“Ek het so na mekaar staan en kyk en maj. Kruger sê toe met sy swaar gelispel dat hy baie jammer is, maar hy het opdrag ontvang om ons te arresteer. Toe kom een van my kollegas wat oorkant my gestaan het, my deursoek. Ek besef toe dat die een ry speurders alles hiervan weet, terwyl ons in die ander ry, geen benul het waaroor dit gaan nie.”
“Ek moet jou sê dat ek op die oomblik toe hy vorentoe gestap het, skielik volwasse geword het, skielik man geword het, skielik besef het wat ek is. Vir die eerste keer in my lewe het ek ’n volwasse mens geword. Daardie gevoel wat ek ervaar het terwyl ek deursoek is, het my gemaak wat ek vandag is.”
Wat my ook aangryp, is sy herinnering aan sy eerste nag in Koffiefontein. Oupa was toe reeds 'n wewenaar, met 'n dogtertjie van drie jaar oud.
Daardie nag het hy deur die venster na die volmaan gekyk en gedink dat dieselfde maan ook oor Johannesburg skyn, waar sy dogtertjie was.
Ek het al baie oor hierdie herinneringe gedink. Veral hoe een enkele oomblik 'n mens se hele lewe kan verander.
Kommentaar deur Hennie Heymans
Die Tweede Wêreldoorlog (1939-1945) het diep verdeeldheid binne die destydse Unie van Suid-Afrika veroorsaak. Ná die simboliese Ossewatrek van 1938 en die hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument het Afrikaner-nasionalisme 'n nuwe hoogtepunt bereik. Uit hierdie volksbeweging het die Ossewabrandwag ontstaan. Wat aanvanklik as 'n kulturele en nasionalistiese beweging bedoel was, het onder die leiding van dr. Hans van Rensburg ontwikkel tot 'n invloedryke organisasie wat sterk teen Suid-Afrika se deelname aan die oorlog gekant was.
Die Ossewabrandwag het ook sy militante vleuel, die Stormjaers, gehad. Intussen is lede van die Unieverdedigingsmag en die Suid-Afrikaanse Polisie versoek om die sogenaamde "Rooi Eed" af te lê en die oorlogspoging van die Britse Ryk te ondersteun. Vir baie Afrikaners was die herinnering aan die Anglo-Boereoorlog nog vars. Skaars vier dekades het verloop sedert die vredesluiting van 1902, en gevolglik het talle geweier om aan die oorlog deel te neem.
'n Beduidende aantal polisiemanne het simpatie met die Ossewabrandwag gehad, terwyl sommige selfs lede geword het. Baie van hierdie persone is later geïnterneer, veral in die kamp by Koffiefontein in die Vrystaat.
Volgens oorlewering het die Spesiale Tak, voorloper van die latere Veiligheidstak, 'n lys van vermeende Ossewabrandwaglede binne die Polisie bekom. Speurders is vir sogenaamde "spesiale diens" in twee rye opgestel. Op bevel moes hulle omdraai en mekaar in die gesig staar. Die lojale speurders is toe gelas om hul kollegas wat van Ossewabrandwag-betrokkenheid verdink is, te arresteer. Dit was 'n dramatiese en emosionele oomblik wat die verdeeldheid van die tydperk treffend weerspieël.

Een van die gearresteerdes was die jong speurder-sersant Hendrik van den Bergh van Marshallplein, wat destyds by die Dranktak gedien het. Volgens beskikbare inligting was hy nie aktief by die Ossewabrandwag betrokke nie, maar sy naam is na bewering deur 'n familielid op 'n lys van vermeende lede geplaas. Gevolglik is hy geïnterneer. Die ironie van die geskiedenis is dat hierdie jong polisieman later sou opklim tot een van die invloedrykste figure in Suid-Afrika se veiligheidsbestel. Net so sou sy mede-aangehoudene, adv. B.J. Vorster, later eerste minister en staatspresident van Suid-Afrika word.
Die gebeure rondom die Ossewabrandwag, die internerings en die politieke verdeeldheid van die oorlogsjare vorm vandag 'n belangrike hoofstuk in die geskiedenis van Suid-Afrika, die Suid-Afrikaanse Polisie en Afrikaner-nasionalisme. Hierdie vaandel is daarom veel meer as 'n museumstuk; dit herinner aan 'n tyd toe politieke oortuigings, lojaliteit en persoonlike opoffering die lewens van baie Suid-Afrikaners ingrypend beïnvloed het.
Kommentaar deur Hennie Heymans
Die Tweede Wêreldoorlog (1939-1945) het diep verdeeldheid binne die destydse Unie van Suid-Afrika veroorsaak. Ná die simboliese Ossewatrek van 1938 en die hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument het Afrikaner-nasionalisme 'n nuwe hoogtepunt bereik.

Die Ossewabrandwag vaandel is daarom veel meer as 'n museumstuk; dit herinner aan 'n tyd toe politieke oortuigings, lojaliteit en persoonlike opoffering die lewens van baie Suid-Afrikaners ingrypend beïnvloed het.
Uit hierdie 1938-volksbeweging het die Ossewabrandwag ontstaan. Wat aanvanklik as 'n kulturele en nasionalistiese beweging bedoel was, het onder die leiding van dr. Hans van Rensburg ontwikkel tot 'n invloedryke organisasie wat sterk teen Suid-Afrika se deelname aan die oorlog gekant was.
Die Ossewabrandwag het ook sy militante vleuel, die Stormjaers, gehad. Intussen is lede van die Unieverdedigingsmag en die Suid-Afrikaanse Polisie versoek om die sogenaamde "Rooi Eed" af te lê en die oorlogspoging van die Britse Ryk te ondersteun.
Vir baie Afrikaners was die herinnering aan die Anglo-Boereoorlog nog vars. Skaars vier dekades het verloop sedert die vredesluiting van 1902, en gevolglik het talle geweier om aan die oorlog deel te neem.
'n Beduidende aantal polisiemanne het simpatie met die Ossewabrandwag gehad, terwyl sommige selfs lede geword het. Baie van hierdie persone is later geïnterneer, veral in die kamp by Koffiefontein in die Vrystaat.
Volgens oorlewering het die Spesiale Tak, voorloper van die latere Veiligheidstak, 'n lys van vermeende Ossewabrandwaglede binne die Polisie bekom. Speurders is vir sogenaamde "spesiale diens" in twee rye opgestel. Op bevel moes hulle omdraai en mekaar in die gesig staar. Die lojale speurders is toe gelas om hul kollegas wat van Ossewabrandwag-betrokkenheid verdink is, te arresteer. Dit was 'n dramatiese en emosionele oomblik wat die verdeeldheid van die tydperk treffend weerspieël.
Een van die gearresteerdes was die jong speurder-sersant Hendrik van den Bergh van Marshallplein, wat destyds by die Dranktak gedien het.
Volgens beskikbare inligting was hy nie aktief by die Ossewabrandwag betrokke nie, maar sy naam is na bewering deur 'n familielid op 'n lys van vermeende lede geplaas. Gevolglik is hy geïnterneer.
Die ironie van die geskiedenis is dat hierdie jong polisieman later sou opklim tot een van die invloedrykste figure in Suid-Afrika se veiligheidsbestel. Net so sou sy mede-aangehoudene, adv. B.J. Vorster, later eerste minister en staatspresident van Suid-Afrika word.
Die gebeure rondom die Ossewabrandwag, die internerings en die politieke verdeeldheid van die oorlogsjare vorm vandag 'n belangrike hoofstuk in die geskiedenis van Suid-Afrika, die Suid-Afrikaanse Polisie en Afrikaner-nasionalisme.
© nongqai.org
Skryf aan ons oor hierdie artikel
Onthou jy dit, of weet jy meer? Jou kommentaar verskyn hier sodra 'n redakteur dit gelees het.
Die redakteurs kan u kommentaar, met u naam, in die maandelikse uitgawe plaas.
Verwante Artikels

Fotoalbum: Ou Polisiestasies en Foto's van Polisiebeamptes uit Vergange Dae
November 3, 2026

Koffiefontein
July 20, 2026

Afrikaanse kerke & tweede wêreldoorlog
August 9, 2026

Waak teen Ontnugtering
November 2, 2026

Plig, Politiek en Nabetragting ’n Oordenking oor Veiligheid en Verantwoordbaarheid
October 15, 2025
