NONGQAISouth Africa’s National Security MagazineEstablished in 1907
DONATE
HB Heymans (BSAP function)

Fotoalbum: Ou Polisiestasies en Foto's van Polisiebeamptes uit Vergange Dae

'n Fotohistoriese oorsig van Suid-Afrikaanse polisiëring, polisiestasies, speurders en polisiële erfenis

Brig. Hennie Heymans (Afgetree)
November 3, 2026Nongqai - Digital Edition - November 2026 uitgawe5 minute om te lees

Fotoalbum: Ou Polisiestasie en foto’s oor polisiebeamptes, party van vergange se dae

Algemene Inleiding tot die Fotojoernaal

Hierdie fotojoernaal neem die leser terug na die wortels van polisiëring in Suid-Afrika. Deur middel van seldsame foto's word die ontwikkeling van polisiedienste, polisiestasies, speurwerk en openbare orde oor meer as 'n eeu uitgebeeld. Die beelde vertel nie slegs die verhaal van geboue en uniforms nie, maar ook van die manne wat onder dikwels moeilike omstandighede diens gedoen het.

Elke foto is 'n historiese momentopname wat bydra tot ons begrip van die erfenis van Suid-Afrikaanse polisiëring.

Polisie in Bloemfontein voor Uniewording

Die foto's van Bloemfontein toon die polisiemag tydens die koloniale tydperk, nog voordat die Unie van Suid-Afrika in 1910 tot stand gekom het. Hulle bied 'n waardevolle blik op die vroeë organisasie van wetstoepassing en brandbestryding in die voormalige Oranje-Vrystaat.

Die brandweer- en polisiestasie, die hoofkwartier en die polisiemanne voor die Goewermentshuis weerspieël 'n tyd toe polisiëring nog plaaslik georganiseer was en elke kolonie sy eie stelsels ontwikkel het. Hierdie beelde dokumenteer die grondslag waarop die latere Suid-Afrikaanse Polisiemag gebou is.

Polisie in Bloemfontein voor Uniewording in 1910.

Free State Colony - Fire Brigade & Police Station - Bloemfontein
Bloemfontein se brandweer- en polisiestasie (koloniale periode)
Free State Colony - Police HQ Bloemfontein
Monument en Bloemfontein se polisiehoofkwartier (koloniale periode)
Free State Colony - Police in front of Government House
Polisie in Bloemfontein voor Goewermentshuis (koloniale periode).

Natal Native Police

Een van die mees insiggewende foto's in hierdie versameling is dié van die Natal Native Police omstreeks 1900. Hierdie eenheid het 'n belangrike rol in die handhawing van orde in die destydse Natal-kolonie gespeel.

Die foto herinner ons aan die komplekse aard van koloniale polisiëring en die bydrae wat talle swart polisiemanne onder moeilike en veranderende omstandighede gelewer het.

Vandag dien die beeld as 'n belangrike historiese rekord van die uiteenlopende oorsprong van polisiëring in Suid-Afrika.

Natal Native Police

Natal Native Police
Zulu-polisiemanne in Natal, Suid-Afrika (omstreeks 1900). Hierdie bekende historiese foto uit die Natal-kolonie-era, geneem deur B.W. Caney. Die foto toon lede van die Natal Native Police.

Die eenheid, saamgestel uit hoofsaaklik Zoeloe- en ander Nguni-sprekende mans, is gedurende die Britse koloniale tydperk gebruik vir polisiëring in landelike gebiede, grensbeheer en ondersteuning van Britse magte.

Hul uniforms was op dié van die Britse polisie geskoei, hoewel hulle dikwels kaalvoet diens verrig het, soos op hierdie foto gesien kan word.

Die beeld bied 'n belangrike blik op koloniale polisiëring, rasseskeiding binne wetstoepassing en die militêre geskiedenis van Suid-Afrika aan die begin van die twintigste eeu.

Openbare rus en vrede en Verkeersbeheer

Die foto's van skarebeheer in Durban en die vroeë verkeerslig wys hoe stedelike polisiëring met die groei van Suid-Afrikaanse stede ontwikkel het. Polisiëring was nie beperk tot misdaadbekamping nie, maar het ook die beheer van verkeer, openbare byeenkomste en die handhawing van openbare veiligheid ingesluit. Hierdie foto's beeld die voortdurende aanpassing van polisiëring aan moderne stedelike uitdagings uit

Crowd Management - Durban Borough Police
Skarebeheer: Durban Gemeentelike Police (Durban Burrough Police) Onder regs.
Early Durban Traffic Light

Vroeë verkeerslig in Durban. (Tydens ‘n besoek aan Berlyn het ek ‘n foto gesien van die eerste verkeerslig wat in Berlyn, Duitsland, gemaak en gebruik is. Let op swart en wit verf gebruik om sigbaarheid te verhoog.)

Marshallplein, Johannesburg-Sentraal

Marshall Square

Inleiding

Marshallplein (Marshall Square) in Johannesburg is een van die bekendste name in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse polisiëring. Vir dekades was hierdie indrukwekkende gebou die middelpunt van speurwerk, misdaadondersoeke en wetstoepassing in die land. Vanuit sy gange en kantore het legendariese speurders, ondersoekbeamptes en polisiële leiers aan sommige van Suid-Afrika se belangrikste sake gewerk.

Vir talle polisiemanne was Marshallplein meer as bloot 'n hoofkwartier; dit was 'n instelling wat sinoniem geword het met professionele speurwerk, dissipline en toewyding aan die beskerming van die gemeenskap.

Die foto's in hierdie fotojoernaal herinner aan 'n belangrike era in die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Polisie en die stad Johannesburg.

Marshallplein (Marshall Square)

Marshallplein, was geleë in die hart van Johannesburg, het oor baie jare as die administratiewe en speurhoofkwartier van die Suid-Afrikaanse Polisie gedien. Die gebou, dikwels beskryf as die "Scotland Yard van Suid-Afrika", het wêreldbekende speurders en ondersoekers gehuisves en was die toneel van talle bekende misdaadondersoeke.

Die geskiedenis van Marshallplein strek egter verder as polisiëring alleen. Gedurende verskillende tydperke is talle prominente persone in die selle van Marshallplein aangehou. Onder hulle was die bekende Suid-Afrikaanse skrywer Herman Charles Bosman, wie se ervarings in aanhouding later deel van die Suid-Afrikaanse literêre erfenis sou word.

Ook lede van die Ossewabrandwag is gedurende die Tweede Wêreldoorlog-era hier aangehou of verwerk deur die veiligheidstrukture van die dag.

Genl Hendrik van den Berg vertel van 20 Januarie 1942 oor sy arrestasie:

“Ek het so na mekaar staan en kyk en maj. Kruger sê toe met sy swaar gelispel dat hy baie jammer is, maar hy het opdrag ontvang om ons te arresteer. Toe kom een van my kollegas wat oorkant my gestaan het, my deursoek. Ek besef toe dat die een ry speurders alles hiervan weet, terwyl ons in die ander ry geen benul het waaroor dit gaan nie.”

“Ek moet jou sê dat ek op die oomblik toe hy vorentoe gestap het, skielik volwasse geword het, skielik man geword het, skielik besef het wat ek is. Vir die eerste keer in my lewe het ek ’n volwasse mens geword. Daardie gevoel wat ek ervaar het terwyl ek deursoek is, het my gemaak wat ek vandag is.”

Gedurende die 1960's het Marshallplein ook 'n belangrike rol gespeel tydens die ondersoeke wat met die beroemde Rivonia-saak verband gehou het. Verskeie beskuldigdes en persone wat by die ondersoeke betrokke was, het deur die gebou beweeg, wat Marshallplein se plek in die politieke geskiedenis van Suid-Afrika verder verstewig het. (Die gevangenis van Rivonia Goldreich en Wolpe het hier ontsnap.)

Die gebou word ook onthou vir sy buitengewone speurders. Name soos kolonel A.E. Trigger, speurder-hoofkonstabel Bill Joyner en kolonel Ulf Boberg word steeds met respek in polisiële kringe genoem. Hierdie manne het gehelp om die reputasie van Marshallplein as die voorste sentrum van speurwerk in Suid-Afrika te vestig.

Vandag leef Marshallplein voort in die herinneringe van oud-polisiemanne, historici en navorsers as 'n simbool van 'n belangrike tydperk in die geskiedenis van Johannesburg en die Suid-Afrikaanse Polisie.

Foto’s van die gebou roep in herinnering die verhale van speurders, gevangenes, skrywers, politici en gewone polisiemanne wat almal op een of ander wyse deel van sy geskiedenis geword het.

(Skielik dink ek aan die bekende misdadiger, Willem Goosen, wat ook hier aangehou is en die feit dat kol Trigger vir speurder-hoofkonstabel Herbst gelas het om die eerste veiligheidstak in Johannesburg te stig.)

Marshall Square
Marshall Square
Marshall Square
Marshall Square - Humour in Uniform
Marshall Square
Marshall Square
Foto: Servamus
Servamus
Foto: Servamus

Met erkenning aan Servamus

Legendariese speurders van Marshallplein

Col EA trigger
Kol AE Trigger

Kol AE Trigger, KPM, MBE

Col AE Trigger
Det/Head/Const Fred van Niekerk (later Brig) & Det/Head/Const Herbst

Speurder-hoofkonstabel Bill Joyner

Det/Head/Const WB "Bill" Joyner  - Marshall Square

Kol Ulf Boberg

Col UR Boberg (CID) & Maj F Venter (Marshall Square)