
Public Order Policing / Publieke Orde Polisiering
Die Suid-Afrikaanse Polisie en die handhawing van staatsgesag te Witsieshoek, 1950
Wat aanvanklik 'n meningsverskil oor veebeheer, grondbenutting en die toepassing van sogenaamde landbouverbeteringsmaatreëls was, het geleidelik ontwikkel tot openlike verset teen die uitvoering van regeringsbeleid en administratiewe besluite. Teen die einde van 1950 het die jarelange geskil tussen die inwoners van Witsieshoek en die owerhede tot geweld gelei, toe die Suid-Afrikaanse Polisie opdrag ontvang het om die dagvaardings te beteken en terselfdertyd toesig te hou oor die veiligheidsituasie in die gebied.