NONGQAISouth Africa’s National Security MagazineEstablished in 1907
DONATE
Versoek vir Donasies

Versoek vir Donasies

Dr WPS
April 7, 20242 minute om te lees

VERSOEK VIR DONASIES

die waarom, waarvoor en hoe, hierin verduidelik

Soos wat ons almal maar al te goed weet, is prakties niks vandag meer verniet nie. Behalwe u NONGQAI. Dis altyd verniet, en dis hoe ons dit graag wil hou.

Maar, daar is natuurlik bedryfskostes. En die TRUST het fondse nodig - BAIE - vir sy welsynswerk, ten behoewe van oudgediendes in nood.

April is die maand wanneer meeste van die subskripsies wat ons moet betaal, hernu. Intekengelde vir IT-dienste waarsonder ons nie die publikasies digitaal aan u kan bring nie. Waarsonder ons kant van die waarheid, nie op die internet verteenwoordig kan word nie. Kostes soos om ons domein se URL te hernu, die SSL sekuriteitsertifikaat vir ons webtuiste, die "Hosting" plan wat vir ons 'n staanplekkie op die internet gee, die "visuele bou"-sagteware waarmee ons die blad-uitleg in WordPress doen, die SEO-pakket wat help dat ons inhoud op die internet raakgesien word,  die grafiese ontwerp-sagteware vir al die illustrasies - en nog veel meer.

En dan benodig die TRUST natuurlik BAIE fondse, vir sy welsynswerk onder ons mense in nood.

Ons maak goeie vordering met die in van advertensie-fooie. Maar dit kan nie alles dek nie (al is al ons medewerkers almal onbetaalde vrywilligers). En dan boonop die TRUST ook voorsien nie. 

U sal goed verstaan hoe moeilik huidige omstandighede in Suid-Afrika dit maak om iets soos die TRUST en sy publikasies, behoorlik as 'n sake-onderneming te kan bedryf. Dis nou prakties 'n jaar sedert die afsterwe van een van die TRUST se trustees, en ons wag steeds vir die Meester van die Hof om 'n opgedateerde Magtigingsbrief uit  te reik. Waarsonder ons  nog nie eens vir die publikasie-komponent 'n eie bankrekening kon oopmaak nie. Ook kon ons nog nie 'n eie PayPal-rekening vir die Trust, opgekoppel  kry met die Trust se bestaande bankrekening vir sy welsyn-gerigte aktiwiteite as geregistreerde PBO nie.

Gelukkig het ons uitgewers (Grupo Excellentia - 'n aflandige maatskappy besit deur ons dr Willem Steenkamp) tot die redding gekom. Hulle het ‘n maklike stelsel vir donasies, via PayPal,  opgestel, met behulp van hulle eie bestaande infrastruktuur.

DUS - GEEN MEER GESUKKEL MET DUUR BANK-OORPLASINGS NIE!

Net een kliek (op die spaarvarkie se snoet - beeld hieronder), en u kan ‘n bydrae maak, met u kredietkaart. Vinnig en veilig.

Alle bydraes - groot en klein - is baie welkom. Van minder as R100 ($5), tot soveel as wat u wil stipuleer.

Van elke bedrag geskenk, gaan 25% ter dekking van Nongqai Media-bedryfskostes, en 75% gaan na die TRUST se welsyn-rekening.  

Dankie by voorbaat vir u ondersteuning!

Nongqai Blog donations button PayPal
Nongqai-donasies via PayPal

Kliek hier om via PayPal te skenk

1 Lank nuut
1 Lank nuut

Deel hierdie artikel:

Skryf aan ons oor hierdie artikel

Onthou jy dit, of weet jy meer? Jou kommentaar verskyn hier sodra 'n redakteur dit gelees het.

Die redakteurs kan u kommentaar, met u naam, in die maandelikse uitgawe plaas.