TRIBUTE

HULDE AAN NONGQAI-REDAKSIE SE VRIENDE VAN WELEER

Hennie Heymans

Gisteraand lê ek in die bed en voor ek slaap, dink ek aan al Nongqai se vriende wat gehelp het om die tydskrif op die been te bring.

(Ek is gedurende 2006 deur brig Peet Nieuwoudt (voorsitter – direksie: Servamus) en me Annalise Kempen (redakteur: Servamus) gevra om die fees-uitgawe van Servamus te skryf, want die volgende jaar sou Servamus, die opvolger van die Nongqai presies ‘n 100-jaar oud wees. Dit was ‘n plesier gewees. Later het my vriend, Paul Els, my aangemoedig om self ‘n magte-tydskrif vir veterane uit te gee nadat ek hom met ‘n boek gehelp het.)

'n Foto wat teks, tekening, papier bevat

AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

Ons eerste publikasie

En hier is ons vandag na 15-jaar!

Eerstens was daar (wyle) genl Johan van der Merwe. Ons het een aand met ander oud-lede oorgery, waar ons by (wyle) genl Mike Geldenhuys se huis te Nigel ontmoet het. Ons het die kwessie van polisie-geskiedenis bespreek. Dis nie net polisie-geskiedenis nie, maar ons ganse nasionale veiligheidsgeskiedenis wat verwaarloos word. Ons sit met baie herinneringe en ons was in baie gevalle ooggetuies van die SAP, SAW, NI en die SSVR se optredes en uitsprake. As gevolg van gesamentlike optredes is dit soms moeilik om departemente se geskiedenis apart aan te bied. Ons het bv ‘n nasionale gesamentlike operasie sentrum gehad waar die magte gesamentlik opgetree het en ander instellings soos bv die KIK en die Simonstad-beraad waar die bedryf van inligting gekoördineer is.

Ons is ‘n opvoedkundige tydskrif maar nie ‘n akademiese tydskrif nie.

6 Junie 2010

Die volgende stap was om te begin, wat ek ook gedoen het! Baie primitief het ek eers die “Polisie-koerant / Police Gazette” uitgegee. Die eerste uitgawe het op 6 Junie 2010 verskyn. Later vra ek vir genl Van der Merwe of ons die naam Nongqai kan gebruik? Hy het geen beswaar gesien nie. Ons het eers die naam e-Nongqai gebruik en toe sommer Nongqai.

Ek sien nie Britse imperialisme of anti-Nasionalistiese of anti-Afrikaner geskiedenis in die gebruik van die naam Nongqai raak nie. Vir my persoonlik is die Nongqai ‘n spieël gewees van ons samelewing – veral ons nasionale veiligheidsgeskiedenis van 1907 betref en dis vir ons van kultuur-historiese waarde.

Ons as polisiemanne se kinders het met die Nongqai grootgeword. Die Nongqai was die Magte-tydskrif tot na die tweede wêreldoorlog.

Die stigter van die Nongqai was kol JW Clarke van die Natal Police. Sy seun hoof-konstabel George Geoffrey Clarke was op ‘n stadium my Vader, sers AF Heymans, se stasiebevelvoerder in Durban. Ek het die Nongqai al paar jaar bedryf toe die hoofkonstabel se seun vir my kom kuier het. Hy het my interessante dokumente gewys.

Sedert 2010 het die volgende redaksie-lede ons ontval:

Van die begin af was Patrick Coetzee daar! Sy fiets-patrollie berig het baie aandag getrek.

'n Foto wat teks, koerant, wiel, voertuig bevat

AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

'n Foto wat persoon, klere, binnenshuis, person bevat

AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

Johan Jacobs – oudlid van die SA Vloot te Wemmerpan te Johannesburg. (Sy Vader was ‘n polisieman.)

'n Foto wat persoon, klere, hemp, person bevat

AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

Glenn Elsden was ons grafiese kunstenaar en webmeester. (Hy is ongelukkig oorlede met al die kodes van die webwerf, SA Mirror wat deur genl Van der Merwe tot stand gebring is.)

'n Foto wat persoon, klere, person bevat

AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

'n Foto wat teks, klere, leëruniform, persoon bevat

AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

Jan de Klerk – of Basjan – het by ons aangesluit na ons ‘n spesiale Nongqai oor sy Vader die lig laat sien het. Hy was oud-luitenant en lektor. Hy was ‘n briljante rekenaar-fundi het ons gehelp om weer ons Nongqai’s en artikels op die blog te “indeks” en hy is ook skielik oorlede sonder dat ons sy werk herwin het.

'n Foto wat persoon, klere, buite, person bevat

AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

Generaal Johan van der Merwe het ons tydens sy leeftyd geweldig ondersteun en die webwerf “SA Mirror” deur Glenn Elsdon tot stand laat bring. Ons mis sy leiding en gereelde insette. (Ons sit steeds sy reeks: Trou tot die Dood toe, voort.)

Ons mis werklik hierdie redaksielede! Hul plek is leeg.

(Die dood kom skielik. Drie weke gelede, uit die bloute, stuur lt-genl Nico Slabber vir my twee bylae oor die SAP se 75-jaar feesvierings en net twee weke gelede is hy skielik oorlede.)

Ons is nou finaal besig om onder leiding van dr WP Steenkamp al ons Nongqai’s oor te dra na http://www.nongqai.org

'n Foto wat skermskoot bevat

AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.