NONGQAISouth Africa’s National Security MagazineEstablished in 1907
DONATE
Insette Gesoek vir Boek oor die Geskiedenis van die SAP Veiligheidstak

Insette Gesoek vir Boek oor die Geskiedenis van die SAP Veiligheidstak

Brig Hennie Heymans soek staaltjies, foto's, humoristiese voorvalle, herinneringe, operasionele ervarings, BBP-beskermingspligte, besonderse gebeure of enige ander geskiedkundige materiaal

Brig. Hennie Heymans (Afgetree)
November 24, 2026November 2026 uitgaweVol. 17 No. 111 minuut om te lees

[twee minute lees]

Goeiedag Oudkollegas

Ons in die Suid-Afrikaanse Polisie het alle rede om trots te wees op ons geskiedenis en die rol wat ons deur die jare in diens van Suid-Afrika vervul het.

Ek is tans besig met 'n omvangryke navorsings- en skryfprojek oor die Geskiedenis en Ontwikkeling van die Veiligheidstak vanaf 1913 tot 1994. Hoewel daar reeds oor sekere aspekte van die veiligheidsomgewing geskryf is, is die geskiedenis van die gewone Veiligheidstak, sy lede, werksaamhede, uitdagings, suksesse en menslike stories nog nooit volledig opgeteken nie.

My doel is om 'n verhaal saam te stel wat nie net die leser inlig nie, maar ook "amaze, amuse and inform". Oor baie jare het ek reeds 'n groot hoeveelheid dokumentasie, foto's, koerantuitknipsels, verslae en persoonlike herinneringe versamel. Ek is egter daarvan oortuig dat die ware geskiedenis ook leef in die herinneringe van die manne en vroue wat daar was.

Ek nooi daarom alle oudlede, kollegas, familielede en vriende van die Veiligheidstak uit om enige staaltjies, foto's, humoristiese voorvalle, herinneringe, operasionele ervarings, BBP-beskermingspligte, besonderse gebeure of enige ander geskiedkundige materiaal met my te deel.

As lede van die Veiligheidstak het ons nie net 'n belangrike rol in landsveiligheid & misdaadvoorkoming gespeel nie, maar ook 'n betekenisvolle en dikwels miskende bydrae gelewer tot Suid-Afrika se nasionale veiligheid. Talle van ons lede was betrokke by die beveiliging van staatshoofde, ministers, besoekende BBP's en belangrike nasionale geleenthede en bomopruiming. Hierdie verhale verdien om bewaar te word vir toekomstige geslagte.

Enige bydraes, hoe gering dit ook al mag voorkom, sal waardeer word.

Stuur asseblief enige inligting, herinneringe of foto's na: 📧 heymanshb@gmail.com

Baie dankie vir elkeen wat kan help om hierdie belangrike deel van ons geskiedenis te bewaar.

Vriendelike groete

Hennie Heymans

Voormalige lid: Suid-Afrikaanse Polisie


Deel hierdie artikel:

Skryf aan ons oor hierdie artikel

Onthou jy dit, of weet jy meer? Jou kommentaar verskyn hier sodra 'n redakteur dit gelees het.

Die redakteurs kan u kommentaar, met u naam, in die maandelikse uitgawe plaas.